Die jaar is klaar, die kos is afgelewer

Loading player...
Dis die laaste KLETS van 2025.

Suid-Afrika is halfpad afgeskakel, die verkeer bestaan net in ou herinneringe, WhatsApp-groepe het verdwyn, en almal belowe weer dat 2026 “anders” gaan wees. Jy weet, soos elke jaar.

Dis dus die ideale oomblik om terug te kyk, bietjie asem te haal, en eerlik te wees oor wat ons werklik hierdie jaar gedryf het. Spoiler alert: dit was nie altyd waardes of visie nie. Baie keer was dit kos.

In hierdie finale KLETS van die jaar sit Matthys en Colene om die tafel met die 2025 Uber Eats Cravings Report. Ons kyk na waarna Suid-Afrikaners regtig gesmag het om te eet, hoeveel keer ’n mens Uber Eats kan bestel voordat dit tegnies deel van jou persoonlikheid raak, en hoeveel ure van ons lewens gespaar is omdat niemand meer energie gehad het vir die vraag “wat eet ons vanaand?” nie.

Ons kyk ook terug na die afgelope week se politieke t"akeaways", daardie laaste styftrekkings van 2025 se politieke drama. Groot beloftes, groter verklarings, en daai bekende stilte net voor almal vir die vakansie verdwyn. Wat bly oor as die geraas gaan lê? Wat was net nog ’n jaar-einde rookskerm?

Dan twee meningspeilings oor die veiligste lande in die wêreld. Waar pas Suid-Afrika in? Is veiligheid iets wat jy meet, iets wat jy voel, of iets wat jy eers ernstig opneem wanneer dit nie meer daar is nie?

En vir nagereg sluit ons af met 'n storie van ’n 15-jarige se sukses wat jou laat terugleun en dink: “Ag, so dis hoe produktiwiteit dan kan lyk.” Nie as inspirasie-preek nie, maar as stille herinnering dat party mense ongelooflike dinge regkry sonder Tiktok en Instagram reels daaroor.

Dis ’n episode oor honger en vervulling, oor tyd wat gespaar is en tyd wat vermors is, oor kos, politiek, veiligheid en mense wat probeer sin maak van ’n jaar wat vinniger verby is as wat enigiemand beplan het.

Dankie dat jy in 2025 saam met ons ge-KLETS het. Sit die foon neer, skink nog iets in, en luister saam na die laaste gesprek van die jaar.

2026? Dan kyk ons weer wat ons belowe. Gaan goed, gaan groot en onthou aan die anderkant van 40 is 'n babelaas soms nodig!
17 Dec 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min