Trump blink, DSTV sink en Afrikaanse boeke skitter

Loading player...
In hierdie week se KLETS "beklets" ons alles van wêreldpolitiek, plaaslike “affairs”, kultuur, wyn, inkopies, en natuurlik ’n paar Suid-Afrikaanse oorwinnings.

Trump het op 1 Desember 2025 die G20 oorgeneem in tipiese Trump-styl, met 'n gebalde vuis en selfversekerd, met sy belofte dat “The Best is Yet to Come”. Ons vermoed hy bedoel nie vir Suid-Afrika nie, maar hey, dis mos nie nuus nie.

Wat wel nuus is: as jy ’n lesbeen is, kan jy volgens nuwe gerugte bietjie ligter asemhaal, want jou kans vir HIV-blootstelling is glo heelwat laer as jou ander broers en susters. En natuurlik kry Matthys sy weeklikse Steenhuisen-steek in, want tradisie is tradisie.

DSTV bloei steeds subskripsies soos ’n kraan met ’n strip oopgedraai, en nou gaan daar waarskynlik nog 12 kanale van die boeket verdwyn net betyds vir Kersfees. MultiChoice, baie dankie vir die geskenk.

Maar gelukkig is dit nie net slegte nuus nie. Die Top 100 Afrikaanse boeke van die afgelope 100 jaar is aangekondig. En as jy in jou middeljare is, het jy ten minste een van hulle gelees – óf onder protes op skool, óf omdat Daleen Matthee se bostriologie jou hart in jou borskas laat bons het. En kom nou… watter Afrikaanse huis is volledig sonder Kook en Geniet van tannie SJA de Villiers?

Intussen maak Isabella Niehaus en Louis Janse van Vuuren weer internasionale nuus. Hulle boek There’s a Vegan on my Verandah het nóg ’n Gourmand World Cookbook Award ingepalm, hierdie keer as die beste vegan kookboek van die afgelope 30 jaar. Luister weer na ons onderhoud uit 2023 met Isabella Niehaus - https://afrikaans.radio/klets/die-grande-madame-langebaan/

Bartho Eksteen Wynlandgoed, saam met Maroela Media, het ’n reeks unieke wynbottels geskep wat Afrikaanse ikone vereer. Nou kan jy met trots én tanniene ’n glasie klink op ’n Suid-Afrikaanse legende. En as jy ons gesprek met Bartho en Pieter Willem gemis het, luister hier: https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-waardes/

Colene sluit die episode af met die 2025 trending Kersgeskenke, én die lys van die mees gekaapte voertuie in Suid-Afrika. Moenie sê ons het jou nie gewaarsku nie.

Dis politiek, kultuur, bietjie krisisbestuur en ’n hele sak vol idees vir Kersgeskenke. Dis KLETS.
3 Dec 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min