Laer SA inflasieteiken hou voordele in, sê BoN

Loading player...
Die Bank van Namibië het Suid-Afrika se onlangse aanpassing van sy inflasie-teiken verwelkom. Die wysiging verlaag die vorige teikenreeks van 3 tot 6 persent na ’n vaste 3 persent, met ’n toleransieband van 1 persentasiepunt aan weerskante. As lid van die Algemene Monetêregebied sal Namibia direk die uitwerking van hierdie beleidsverandering ervaar. Volgens die BoN kan die laer inflasieteiken verskeie voordelige gevolge inhou, soos die bank se Naufike Hamunime verduidelik.
19 Nov 2025 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Padowerheid sê oor Hongkong-voertuie se registrasie

Die Padowerheid het bedrieglike aktiwiteite ontdek wat voertuie behels wat uit Hongkong ingevoer is, met sommige wat vervaardigingsdatums vervals het om die land se 12-jaar invoerlimiet kragtens die Invoer- en Uitvoerwet van 1994 te omseil. Registrasie van hierdie voertuie is tydelik vertraag terwyl ondersoeke aan die gang was. Kosmos 94.1…
21 Feb 12AM 1 min

Copps 94.1-span het hulle hande vol in hoofstad

Die naweek het met 'n knal begin vir die Copps 94.1-span in Windhoek, met lede wat deur 'n aggressiewe vrou aangerand is voordat sy vir haar familie se veiligheid deur die polisie weggeneem is. Dit was ook nie die enigste drama nie, en Kosmos 94.1 se Francois Lottering doen verslag:
20 Feb 11PM 1 min

Moorde in SA daal met byna 9%

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die misdaadstatistiek vir die maande tussen Oktober en Desember toon 'n voortgesette afname in geweldsmisdaad landwyd. Hy sê moorde het met 8,7-persent verminder. Oor die algemeen het geweldsmisdaad met 6,7-persent gedaal, in vergelyking met dieselfde tydperk in 2024. Cachalia het aan die…
20 Feb 11PM 1 min

Ovaherero tradisionele leiers het kommer oor grond-wet

Tradisionele leiers het vandeesweek die wet rakende grond in diepte bespreek en bestudeer tydens konsultasies wat die lynministerie gehou het. Terwyl landbou steeds nie ‘n verklaring rakende die eerste sessies uitgereik het nie, het die gesprekke gefokus op die resolusies van die tweede nasionale grondkonferensie. Die Ovaherero tradisionele leiers het…
20 Feb 10AM 1 min