Unspoken War

Loading player...
Unspoken War is ’n rou en eerlike vyfdelige Showmax- en M-Net-dokureeks wat lig werp op Suid-Afrika se grensoorlog – van 1966 tot 1989. Met seldsame argiefmateriaal en intieme getuienisse van voormalige soldate, SWAPO-vegters, families en historici, word die menslike prys van ’n oorlog sonder erkenning of gesprek uiteindelik oopgevlek. Die projek is persoonlik geïnspireer deur junior vervaardiger Minette van der Walt se ontdekking van haar pa se oorlogservaring. Minette sluit saam met vervaardiger Elle Oosthuizen by Sarina aan in die ateljee.
12 Nov 2025 5AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Groen Vingers Vrydag - 20 Maart

Noudat die temperature begin daal en die son vroeër sak, gee Jimie Malan van Plantland wenke vir jou wintertuin.
20 Mar 4AM 7 min

Wêreldslaapdag

13 Maart is Wêreldslaapdag, en vanjaar se tema is “Sleep Well, Live Better.” Die boodskap is eenvoudig maar kragtig: wanneer ons beter slaap, leef ons beter — fisies, emosioneel en geestelik. Wêreldslaapdag is ook ’n wêreldwye bewusmakingsveldtog waar slaapgesondheidskenners en voorstanders saamwerk om die gesprek oor gesonde slaapgewoontes groter en…
13 Mar 6AM 21 min

Snoete-goete: kan jou troeteldier saam emigreer?

Wanneer mense verhuis of selfs net met vakansie gaan, is dit nie net die tasse wat saam moet kom nie – ons troeteldiere is deel van die familie. Maar om met ’n hond, kat of selfs ’n voëltjie te reis, veral internasionaal, behels baie reëls, dokumentasie en soms selfs kwarantyn…
13 Mar 6AM 12 min