Aartappelproduksie: Bewusmakingsessies begin

Loading player...
Die Namibiese Akkerbouraad nooi boere uit om aansoek te doen vir die Aartappelwaardeketting-ontwikkelingskema 2025 tot 2030, ’n strategiese inisiatief om plaaslike kommersiële aartappelproduksie ’n hupstoot te gee. Die skema het ten doel om kommersiële aartappelproduksie oor die volgende vyf jaar te stimuleer, en die raad sal bewusmakingsessies hou wat vandag in Windhoek begin. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die raad se tuinbou-ontwikkelingsbestuurder, Emilie Abraham, wat meer verduidelik.
11 Nov 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Veediefstal-verliese in Erongo bereik N$2,6 miljoen in 2025

NamPol in die Erongo-streek is bekommerd oor toenemende veediefstalle, met verliese wat in dié streek van sowat 1,3 miljoen Namibiese dollar in 2024 gestyg het na ongeveer 2,6 miljoen dollar verlede jaar. Die Erongo-streekbevelvoerder, kommissaris Nikolaus Kupembona, het tydens 'n boere-betrokkenheidsvergadering in Omaruru onthul dat 137 sake in 2024 geregistreer…
21 Feb 5AM 1 min

Moedertaaldag: Waarheen is Afrikaans op pad?

Die wêreld vier vandag Internasionale Moedertaaldag en Kosmos 94.1 vier natuurlik ons moedertaal, Afrikaans! Ons het gaan aanklop by Unam se departementshoof van geesteswetenskappe en kunste, en ook taalkunde professor Herman Beyer, wat wonder waarheen ons taal op pad is.
21 Feb 2AM 1 min

4G en 5G help min as data te duur is, sê kenner

Namibië gaan voort met planne om 2G en 3G uit te faseer in 'n poging om 4G- en 5G-netwerkkonnektiwiteit reg oor die land te integreer. MTC Namibia het egter frustrasie uitgespreek oor die onderbenutting van sy netwerktorings, wat hoofsaaklik toegeskryf word aan die hoë pryse van 4G-geaktiveerde toestelle in die…
21 Feb 1AM 1 min

Gryp in om suikerbedryf te red, pleit Suikerrietkwekersvereniging

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om dringend in te gryp om die suikerbedryf te red. Die organisasie waarsku Tongaat Hulett se moontlike likwidasie bedreig 18 000 produsente, 40 000 werksgeleenthede en landelike ekonomieë in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die voorsitter van die vereniging, Higgins Mdluli, vra…
21 Feb 1AM 1 min

Padowerheid sê oor Hongkong-voertuie se registrasie

Die Padowerheid het bedrieglike aktiwiteite ontdek wat voertuie behels wat uit Hongkong ingevoer is, met sommige wat vervaardigingsdatums vervals het om die land se 12-jaar invoerlimiet kragtens die Invoer- en Uitvoerwet van 1994 te omseil. Registrasie van hierdie voertuie is tydelik vertraag terwyl ondersoeke aan die gang was. Kosmos 94.1…
21 Feb 12AM 1 min