Sinner wen in Turyn, behou kans om eerste op ranglys te wees

Loading player...
Die tweede gekeurde Jannik Sinner van Italië het sy titel verdedig met ʼn oorwinning in Turyn. Die 24-jarige Sinner het met die Kanadees, Felix Auger-Aliassime, afgereken om sy kanse op die eerste plek op die ranglys lewend te hou indien hy die Spanjaard, Carlos Alcaraz, kan klop. Taylor Fritz van Amerika het die kwalifiseerder van Italië, Lorenzo Musetti wat sy debuut by die toernooi maak, verslaan. Sinner sê dis altyd spesiaal om voor sy tuisskare te speel:
11 Nov 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Veediefstal-verliese in Erongo bereik N$2,6 miljoen in 2025

NamPol in die Erongo-streek is bekommerd oor toenemende veediefstalle, met verliese wat in dié streek van sowat 1,3 miljoen Namibiese dollar in 2024 gestyg het na ongeveer 2,6 miljoen dollar verlede jaar. Die Erongo-streekbevelvoerder, kommissaris Nikolaus Kupembona, het tydens 'n boere-betrokkenheidsvergadering in Omaruru onthul dat 137 sake in 2024 geregistreer…
21 Feb 5AM 1 min

Moedertaaldag: Waarheen is Afrikaans op pad?

Die wêreld vier vandag Internasionale Moedertaaldag en Kosmos 94.1 vier natuurlik ons moedertaal, Afrikaans! Ons het gaan aanklop by Unam se departementshoof van geesteswetenskappe en kunste, en ook taalkunde professor Herman Beyer, wat wonder waarheen ons taal op pad is.
21 Feb 2AM 1 min

4G en 5G help min as data te duur is, sê kenner

Namibië gaan voort met planne om 2G en 3G uit te faseer in 'n poging om 4G- en 5G-netwerkkonnektiwiteit reg oor die land te integreer. MTC Namibia het egter frustrasie uitgespreek oor die onderbenutting van sy netwerktorings, wat hoofsaaklik toegeskryf word aan die hoë pryse van 4G-geaktiveerde toestelle in die…
21 Feb 1AM 1 min

Gryp in om suikerbedryf te red, pleit Suikerrietkwekersvereniging

Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om dringend in te gryp om die suikerbedryf te red. Die organisasie waarsku Tongaat Hulett se moontlike likwidasie bedreig 18 000 produsente, 40 000 werksgeleenthede en landelike ekonomieë in KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die voorsitter van die vereniging, Higgins Mdluli, vra…
21 Feb 1AM 1 min

Padowerheid sê oor Hongkong-voertuie se registrasie

Die Padowerheid het bedrieglike aktiwiteite ontdek wat voertuie behels wat uit Hongkong ingevoer is, met sommige wat vervaardigingsdatums vervals het om die land se 12-jaar invoerlimiet kragtens die Invoer- en Uitvoerwet van 1994 te omseil. Registrasie van hierdie voertuie is tydelik vertraag terwyl ondersoeke aan die gang was. Kosmos 94.1…
21 Feb 12AM 1 min