Rooi ligte flikker oor blou ligte in SA

Loading player...
Die afgetrede adjunkhoof van die Ekurhuleni Metropolisie, Revo Spies, sê blou ligte in privaat hande is gevaarlik, want misdadigers kan hulle as polisie voordoen. Spies het voor die Madlanga-kommissie in Pretoria verwys na News24-berigte dat voertuie, wat met sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala verbind word, onwettig as EMPD-motors geregistreer is. Hy waarsku dat blou ligte die polisie én die publiek in gevaar stel en slegs deur wetstoepassing gebruik moet word:
8 Nov 2025 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NCC-leier beskuldig polisie van intimidasie

Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het die polisie van intimidasie en onwettige gedrag beskuldig na 'n klopjag op sy vorige huis in Mitchells Plain, Kaapstad. Adams beweer beamptes met kopmusse en sonder enige identifisering het die verkeerde adres geteiken en kon nie 'n lasbrief voorlê nie…
3 May 5AM 1 min

Gideon Nust se nuwe visekansalier

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie, Nust, het professor Frednand Gideon as die nuwe visekanselier aangestel, effektief 1 Augustus. Hy sal professor Andrew Niikondo opvolg, wat sedert Oktober 2025 in 'n waarnemende hoedanigheid dien. Nashilongo Gervasius, Nust se direkteur van korporatiewe betrokkenheid, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
3 May 4AM 1 min

Namibië steeds finansieel gesond, sê BoN

Ondanks globale onsekerheid meen Bank van Namibië se adjunkgoewerneur, Leonie Dunn, dat die land se finansiële landskap steeds stabiel is. Dit kom nadat die sentrale bank in samewerking met Namfisa die land se finansiële stabiliteitsverslag vrygestel het. Ten spyte van inflasionere onsekerheid is die bank- en nie-bank-sektore stabiel. Dunn is…
3 May 2AM 1 min

G'n verdeeldheid tussen ANC en SAKP, sê Mashatile

Adjunkpresident Paul Mashatile sê daar is geen verdeeldheid tussen die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party nie, aangesien beide alliansievennote hul individuele veldtogte beplan voor die plaaslikeregeringsverkiesing. Mashatile het in Limpopo die belangrikheid van eenheid binne die alliansie beklemtoon en lede aangespoor om verenig te bly en te fokus op…
3 May 1AM 1 min

Só werk nuwe invoerregulasies uit SA

Die Suid Afrikaanse Inkomstediens het nuwe regulasies rakende invoere na die land uit alle SAOG- en doeane-unie lande ingestel. Alle invoere moet verklaar word en die maatreëls sal ook toeriste raak. Toeriste kan voor hulle reis die verklaring aanlyn doen en ook op die nuwe toep, die Mobi-app. Landbou-kenner Wallie…
3 May 12AM 1 min