Werksaanbiedinge kan dekmantel vir mensehandel wees

Loading player...
Nampol-woordvoerder adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi waarsku Namibiërs om waaksaam te wees teen bedrieglike werksaanbiedinge, ook internasionaal, omdat dit toenemend as 'n dekmantel vir mensehandel gebruik word. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het sy die publiek versoek om alle werksgeleenthede deur amptelike kanale te verifieer en enige verdagte aktiwiteite onmiddellik aan te meld. Dit volg op voorvalle in 2023, toe 31 Namibiese vroue onder die dekmantel van oorsese werk na Oman gelok is, en aan ernstige uitbuiting en onmenslike behandeling onderwerp is.
5 Nov 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verbruikerskommissie moet besmette sanitêre produkte ondersoek: DA

Die DA is baie bekommerd oor die bevindinge van 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat, dat skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë teenwoordig is in bekende en algemeen gebruikte sanitêre produkte. Angel Khanyile van die DA sê die bevindinge is 'n ernstige openbare gesondheidsprobleem wat dringende aandag vereis. Sy sê…
22 Feb 2AM 1 min

Eerste 1 miljoen BKS-entstowwe kom in SA aan

Landbouminister John Steenhuisen het die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse amptelik ontvang. Dit het van Biogénesis Bagó in Argentinië op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Ekurhuleni, aangekom. Steenhuisen sê die entstowwe is ʼn keerpunt in die beskerming van Suid-Afrika se lewendehawe-bedryf. Hy sê nog vyf-miljoen dosisse van drie…
22 Feb 1AM 1 min

Kuberkrakers teiken nou telefoonnommers, sê kenner

Telefoonnommers het die nuwe ID geword en misdadigers weet dit. Dit is die waarskuwing van kuberveiligheidsdeskundige Melanie Meiring, wat met Kosmos 94.1 Nuus praat oor die skerp toename in SIM-kaartbedrog, nabootsing en aanlyn bankdienste-swendelary. Sy sê georganiseerde misdaadnetwerke kaap telefoonnommers om nuwe wagwoorde te skep, eenmalige PIN's te onderskep en…
22 Feb 12AM 1 min

Eskom se opwekking verbeter steeds

Eskom sê sy opwekkingsvermoë toon steeds bestendige en meetbare verbetering, wat die betroubaarheid van Suid-Afrika se kragstelsel versterk en vertroue in die breër ekonomie ondersteun. Woordvoerder Daphne Mokwena sê verbeterings in die beskikbaarheid van aanlegte, en verminderde onbeplande onderbrekings, het die bestendigheid van die nasionale netwerk versterk. Sy sê hierdie…
22 Feb 12AM 1 min

Kommer in SA oor meer moorde op polisiebeamptes

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het kommer uitgespreek oor die toename in moorde op polisiebeamptes, ten spyte van 'n algehele afname in geweldmisdaad. Volgens die jongste misdaadstatistiek is 23 beamptes tussen Oktober en Desember dood, met byna 80-persent van hulle wat van diens af was. Cachalia het aan…
21 Feb 11PM 1 min