Afrika-regerings moet dringend optree in Soedan: IPC

Loading player...
Die IPC het sy verontwaardiging uitgespreek oor die toenemende massamoorde en humanitêre krisis in Soedan. Soedan se oorlog, wat sedert April 2023 woed, het tienduisende mense doodgemaak, miljoene ontwortel en die wêreld se grootste ontwortelings- en hongerkrisis veroorsaak. Die IPC het 'n beroep op Afrika-regerings en die internasionale gemeenskap gedoen om hul stilte te verbreek en dringend op te tree om die geweld te beëindig. Die party het die lyding van die Soedanese volk beskryf as 'n "morele toets" vir almal wat geregtigheid en menseregte waardeer. Kosmos 94.1 Nuus het met die IPC se nasionale voorsitter, Brian Black, gepraat vir meer.
4 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verbruikerskommissie moet besmette sanitêre produkte ondersoek: DA

Die DA is baie bekommerd oor die bevindinge van 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat, dat skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë teenwoordig is in bekende en algemeen gebruikte sanitêre produkte. Angel Khanyile van die DA sê die bevindinge is 'n ernstige openbare gesondheidsprobleem wat dringende aandag vereis. Sy sê…
22 Feb 2AM 1 min

Eerste 1 miljoen BKS-entstowwe kom in SA aan

Landbouminister John Steenhuisen het die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse amptelik ontvang. Dit het van Biogénesis Bagó in Argentinië op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Ekurhuleni, aangekom. Steenhuisen sê die entstowwe is ʼn keerpunt in die beskerming van Suid-Afrika se lewendehawe-bedryf. Hy sê nog vyf-miljoen dosisse van drie…
22 Feb 1AM 1 min

Kuberkrakers teiken nou telefoonnommers, sê kenner

Telefoonnommers het die nuwe ID geword en misdadigers weet dit. Dit is die waarskuwing van kuberveiligheidsdeskundige Melanie Meiring, wat met Kosmos 94.1 Nuus praat oor die skerp toename in SIM-kaartbedrog, nabootsing en aanlyn bankdienste-swendelary. Sy sê georganiseerde misdaadnetwerke kaap telefoonnommers om nuwe wagwoorde te skep, eenmalige PIN's te onderskep en…
22 Feb 12AM 1 min

Eskom se opwekking verbeter steeds

Eskom sê sy opwekkingsvermoë toon steeds bestendige en meetbare verbetering, wat die betroubaarheid van Suid-Afrika se kragstelsel versterk en vertroue in die breër ekonomie ondersteun. Woordvoerder Daphne Mokwena sê verbeterings in die beskikbaarheid van aanlegte, en verminderde onbeplande onderbrekings, het die bestendigheid van die nasionale netwerk versterk. Sy sê hierdie…
22 Feb 12AM 1 min

Kommer in SA oor meer moorde op polisiebeamptes

Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het kommer uitgespreek oor die toename in moorde op polisiebeamptes, ten spyte van 'n algehele afname in geweldmisdaad. Volgens die jongste misdaadstatistiek is 23 beamptes tussen Oktober en Desember dood, met byna 80-persent van hulle wat van diens af was. Cachalia het aan…
21 Feb 11PM 1 min