Reho Spa is nie gereed om oop te maak nie

Loading player...
Volgens berigte is die ikoniese Reho Spa-swembad op Rehoboth amper gereed om genot aan jonk en oud te verskaf, met die Desember-skoolvakansie net om die draai. Munisipale werkers beoog glo om die herstelwerk aan die swembad en sommige van die braaigeriewe teen die tweede week van November te voltooi. Kosmos 94.1 Nuus het met die Rehoboth burgemeester, Justin Coetzee, gepraat wat sê die inligting is foutief. Daar is nog geen aanduiding wanneer die spa sal heropen nie.
28 Oct 2025 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goeie tekens begin vir boubedryf wys

Reaksie word ontvang op die Januarie-bouplanne van Stad Windhoek. In Januarie is slegs een kommersiële en industriële bouplan goedgekeur, ter waarde van 350 000 Namibiese dollar. Ten spyte van die gedempte maandelikse uitkoms, het die kumulatiewe goedkeurings oor 12 maande altesaam 75 eenhede ter waarde van 938,1 miljoen dollar beloop,…
22 Feb 5AM 1 min

TLU-SA verwelkom eerste miljoen BKS-entstowwe

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die aankoms van die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse vanaf Biogénesis Bagó in Argentinië. Die organisasie sê boere moet nou die kwarantynmaatreëls, bewegingbeperkings en waarneming nakom om die uitbreking te bekamp. Bennie van Zyl van TLU SA beklemtoon dat die privaat sektor by die inentingsprogram…
22 Feb 5AM 1 min

Cyril besluit om nie nou NGV-artikels te bekragtig nie

Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om op hierdie stadium nie enige artikels van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering te bekragtig nie. Dit is tot uitspraak gelewer word in openbaredeelname-sake teen die wet. Louis Boshoff van AfriForum sê dit wys Ramaphosa dink twee keer oor die NGV…
22 Feb 4AM 1 min

Verbruikerskommissie moet besmette sanitêre produkte ondersoek: DA

Die DA is baie bekommerd oor die bevindinge van 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat, dat skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë teenwoordig is in bekende en algemeen gebruikte sanitêre produkte. Angel Khanyile van die DA sê die bevindinge is 'n ernstige openbare gesondheidsprobleem wat dringende aandag vereis. Sy sê…
22 Feb 2AM 1 min

Eerste 1 miljoen BKS-entstowwe kom in SA aan

Landbouminister John Steenhuisen het die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse amptelik ontvang. Dit het van Biogénesis Bagó in Argentinië op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Ekurhuleni, aangekom. Steenhuisen sê die entstowwe is ʼn keerpunt in die beskerming van Suid-Afrika se lewendehawe-bedryf. Hy sê nog vyf-miljoen dosisse van drie…
22 Feb 1AM 1 min