GEE-week: Atterbury Trust rentevrye studiebeurslenings

Loading player...
#MidOggend met Sarina het met drie ongelooflike vroue gesels wat bewys dat drome werklik waar kan word – danksy die Atterbury Trust Rentevrye Studiebeursleningsinisiatief. 💫
Jacomien Rousseau het haar inspirerende storie gedeel – van beursstudent tot suksesvolle Geoktrooieerde Rekenmeester (CA). Sy is een van die eerste in haar familie met ’n universiteitsgraad – ’n ware bewys van deursettingsvermoë en hoop.
Leandri Koekemoer, tans ’n beursstudent, het vertel hoe sy uit moeilike omstandighede gekom het, maar haar drome nooit laat gaan het nie. Haar vasberadenheid om te studeer en ’n beter toekoms te bou, is waarlik inspirerend.
Danelle Strydom, projekte- en bemarkingskoördineerder by Atterbury Trust, het verduidelik hoe hierdie inisiatief nie net finansiële bystand bied nie – maar ook mentorskap, ondersteuning en die kans om deel te word van ’n groter gemeenskap wat in mekaar belê.
Met elke student wat hul lening terugbetaal, verander nóg iemand se lewe. 🌱
As jy ‘n bydrae wil maak en vir ‘n student die geleentheid gee om hulle drome te volg Whatsapp die woord “GEE” na 060 643 3877 en volg die maklike stappe!
27 Oct 2025 8AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

ABC van Ouerskap: R- RS Virus

By die R van ons ABC van Ouerskap kyk ons vandag na RSV – die respiratoriese virus wat veral vir jong babas tot ernstige asemhalingsprobleme en selfs hospitalisasie kan lei. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het bevestig dat Suid-Afrika se 2026 RSV-seisoen reeds in Maart begin het, en RSV…
15 Sep 5AM 8 min

You Matter Walk 2026

Die YouMatterWalk het onlangs by The Big Red Barn in Irene plaasgevind en weer honderde mense bymekaar gebring om 'n kragtige boodskap uit te dra: Jy maak saak. Die inisiatief is gebore uit persoonlike verlies, maar het oor die afgelope vyf jaar ontwikkel tot 'n beweging wat hoop bring, gesprekke…
15 Sep 2AM 12 min

Dink jouself gelukkig!

13 September is Dink-positief-dag – ’n goeie geleentheid om ’n bietjie stil te staan by die krag van ons denke. Ons kan nie altyd kies wat met ons gebeur nie, maar ons kan leer om anders te kyk na dit wat met ons gebeur. En dit is presies waaroor Pieter…
11 Sep 6AM 12 min

Hoe lyk 'n goeie leier vandag?

Die wêreld van werk het dramaties verander – en daarmee saam ook die manier waarop ons oor leierskap en bestuur moet dink. Werknemers soek vandag meer as net ’n baas wat opdragte gee; hulle wil ’n leier hê wat kan luister, afrig, aanpas en mense deur voortdurende verandering kan begelei…
10 Sep 2AM 14 min

ABC van Ouerskap: Q- Q&A

In die ABC van Ouerskap staan ons eers 'n bietjie stil by algemene vrae van ouers by die letter Q vir Q&A. In die ateljee is Dr Maretha Combrink, Pediater by MediClinic Kloof, Cecile van Niekerk - Dieetkundige by Peanut en Mieke Spoormaker - Arbeidsterapeut en eienaar van Senseability studios.
8 Sep 6AM 21 min