TVET-beleid bly 'n uitdaging

Loading player...
Die onlangse konferensie oor tegniese en beroepsonderwys en –opleiding het aan die lig gebring dat die TVET-sektor se bydrae tot die BBP sedert 2004, met die bekendstelling van Visie 2030, op ongeveer 15 persent gebly het. Daar is verwag dat dit teen 2030 sowat 42 persent sou wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die sekretaris-generaal van die Onderwysersunie van Namibië, Mahongora Kavihuha, gepraat. Hy het gesê hoewel die regering beleide ingestel het om die TVET-sektor te verbeter, bly die praktiese interpretasie en implementering van die beleide 'n uitdaging.
26 Oct 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Goeie tekens begin vir boubedryf wys

Reaksie word ontvang op die Januarie-bouplanne van Stad Windhoek. In Januarie is slegs een kommersiële en industriële bouplan goedgekeur, ter waarde van 350 000 Namibiese dollar. Ten spyte van die gedempte maandelikse uitkoms, het die kumulatiewe goedkeurings oor 12 maande altesaam 75 eenhede ter waarde van 938,1 miljoen dollar beloop,…
22 Feb 5AM 1 min

TLU-SA verwelkom eerste miljoen BKS-entstowwe

Die landbou-organisasie, TLU SA, verwelkom die aankoms van die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse vanaf Biogénesis Bagó in Argentinië. Die organisasie sê boere moet nou die kwarantynmaatreëls, bewegingbeperkings en waarneming nakom om die uitbreking te bekamp. Bennie van Zyl van TLU SA beklemtoon dat die privaat sektor by die inentingsprogram…
22 Feb 5AM 1 min

Cyril besluit om nie nou NGV-artikels te bekragtig nie

Die burgerregte-organisasie AfriForum verwelkom president Cyril Ramaphosa se besluit om op hierdie stadium nie enige artikels van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering te bekragtig nie. Dit is tot uitspraak gelewer word in openbaredeelname-sake teen die wet. Louis Boshoff van AfriForum sê dit wys Ramaphosa dink twee keer oor die NGV…
22 Feb 4AM 1 min

Verbruikerskommissie moet besmette sanitêre produkte ondersoek: DA

Die DA is baie bekommerd oor die bevindinge van 'n onlangse studie deur die Universiteit van die Vrystaat, dat skadelike endokrien-ontwrigtende chemikalieë teenwoordig is in bekende en algemeen gebruikte sanitêre produkte. Angel Khanyile van die DA sê die bevindinge is 'n ernstige openbare gesondheidsprobleem wat dringende aandag vereis. Sy sê…
22 Feb 2AM 1 min

Eerste 1 miljoen BKS-entstowwe kom in SA aan

Landbouminister John Steenhuisen het die eerste besending van een-miljoen bek-en-klouseer-entstofdosisse amptelik ontvang. Dit het van Biogénesis Bagó in Argentinië op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kemptonpark, Ekurhuleni, aangekom. Steenhuisen sê die entstowwe is ʼn keerpunt in die beskerming van Suid-Afrika se lewendehawe-bedryf. Hy sê nog vyf-miljoen dosisse van drie…
22 Feb 1AM 1 min