HAN se besettingsyfers vir K3 vertoon goed

Loading player...
Die Gasvryheidsvereniging se verslag vir die derde kwartaal van 2025 weerspieël positiewe groei, met die kamerbesetting wat met 2 persent op 'n jaarlikse basis gestyg het, en byna een persent hoër as in 2019. Intussen is meer as 80 individuele verslae vir September ontvang, en die aangepaste gemiddelde besetting was 66,57 persent. Dit is 4 persent hoër as verlede jaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die vereniging.
24 Oct 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump verstaan nie hoekom Iran nie oorgee nie

Terwyl die Amerikaanse weermag se opbou in die Midde-Ooste voortduur, sal onderhandelings Donderdag tussen die land en Iran voortduur. President Donald Trump het verlede week gesê hy sal oor tien of 15 dae ‘n besluit oor ‘n aanval maak. Intussen het Iran se buitelandse sake-minister Abbas Araghchi met CBS News…
23 Feb 12AM 1 min

Ekonoom verwelkom hofbesluit oor Trump-tariewe

'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit, Raymond Parsons, het 'n beslissing deur die Amerikaanse Hooggeregshof verwelkom dat president Donald Trump se wederkerige tariewe onwettig is. Hy sê dit is goeie nuus vir baie lande, insluitend Suid-Afrika, wat die afgelope tyd met 'n aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid moes worstel. Trump het 'n dag…
23 Feb 12AM 1 min

MTC ondersteun pogings teen enkelgebruik-plastiek

MTC het in vennootskap met Stad Windhoek sy verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid herbevestig deur 450 000 Namibiese dollar skenk aan die Go Green, Skip the Plastic-inisiatief. Die fondse sal aangewend word om 4 000 herbruikbare inkopiesakke aan te skaf, en vir die bekendstelling van 'n bewusmakingsveldtog. Die veldtog poog om die…
23 Feb 12AM 1 min

Goud en olie klim te midde van tariewe, spanning in Midde-Ooste

Die goudprys het Vrydag in New York tot 5 106 Amerikaanse dollar per fynons geklim na president Donald Trump se aankondiging dat hy sy tariewe wat deur die hooggeregshof omvergewerp is, met 10-persent tariewe teen alle lande gaan vervang. Saterdag het hy aangekondig hy gaan dit na 15-persent verhoog. Die…
22 Feb 11PM 1 min