Direktoraat verduidelik vertraging in verslag oor Cessna-lugramp

Loading player...
Die Direktoraat van Vliegtuigongelukke en Insident Ondersoeke kon nie sy verslag rakende die noodlottige vliegongeluk waarin 'n Cessna 406 in Pionierspark op 3 Mei verlede jaar neergestort het, binne ‘n jaar voltooi nie. Ondersoeker Ben Engelbrecht het destyds aan Kosmos 94.1 Nuus gesê teen Oktober verlede jaar is altwee enjins in Kanada uitmekaar gebou en drie komponente eis verdere toetsing, daarom die vertraging. 'n Konsepverslag van die ondersoek word nou saamgestel nadat al die toetsuitslae ontvang is. Engelbrecht het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat die prosesse behels voor die finale verslag vrygestel word.
23 Oct 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nampost gee opdatering oor uitbetalings

Nampost het aangekondig dat hulle betalings aan 72 persent van alle kontanttoelaagbegunstigdes vir die Februarie 2026-betalingsiklus voltooi het. Daar is egter mobiele eenhede wat steeds betalings doen. Die woordvoerder van Nampost, Joseph Theofelus het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
23 Feb 1AM 1 min

Jarvis vat Kenia Ope

Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis het die Kenia Ope in Nairobi met drie houe gewen en sy eerste DP World Tour-titel opgeraap. Die 22-jarige Jarvis, wat 195ste op die wêreldranglys is, het in die laaste ronde ʼn agt onder 62 aangeteken en die toernooi onder 25 geëindig. Die Amerikaner Davis Bryant…
23 Feb 1AM 1 min

Trump verstaan nie hoekom Iran nie oorgee nie

Terwyl die Amerikaanse weermag se opbou in die Midde-Ooste voortduur, sal onderhandelings Donderdag tussen die land en Iran voortduur. President Donald Trump het verlede week gesê hy sal oor tien of 15 dae ‘n besluit oor ‘n aanval maak. Intussen het Iran se buitelandse sake-minister Abbas Araghchi met CBS News…
23 Feb 12AM 1 min

Ekonoom verwelkom hofbesluit oor Trump-tariewe

'n Ekonoom aan die Noordwes-Universiteit, Raymond Parsons, het 'n beslissing deur die Amerikaanse Hooggeregshof verwelkom dat president Donald Trump se wederkerige tariewe onwettig is. Hy sê dit is goeie nuus vir baie lande, insluitend Suid-Afrika, wat die afgelope tyd met 'n aggressiewe Amerikaanse tariefbeleid moes worstel. Trump het 'n dag…
23 Feb 12AM 1 min