Senzo sê hy het nie ingemeng nie

Loading player...
Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het ontken dat hy by die polisie se werk ingemeng het en het onder eed volgehou dat hy geen voorvalle van politieke inmenging kan onthou nie. Mchunu het voor die ad hoc-komitee getuig en gesê verdeeldheid binne polisieleierskap het lank voor sy aanstelling bestaan en is gewortel in ou wedywering. Hy voeg by sy fokus was op die herstel van eenheid en om sy volle steun aan die nasionale kommissaris Fannie Masemola te verseker:
23 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nored werk hard aan opvoeding vir leerders oor elektrisiteit

Nored-woordvoerder Simon Lukas het by die Ashihaya-laerskool in die Oshikoto-streek, waar kinders gereeld op kraginfrastruktuur rondklim, oor die kragverspreider se Takamisa-veldtog gepraat. Hy het die doelwitte en belangrikheid daarvan vir elektrisiteitsveiligheidsbewustheid en openbare opvoeding onderstreep. Lukas gee meer inligting oor die doel van die veldtog.
23 Feb 3AM 1 min

Enoch moet geld gee vir die inkomstediens

Cosatu vra die regering en minister van Finansies, Enoch Godongwana, om in Woensdag se begrotingsrede voorkeur te gee aan fondse vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die vakverbond sê die inkomstediens is een van die administrasie se suksesverhale wat belastinginvordering van 61-persent tot 67-persent verhoog het. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê die inkomstediens…
23 Feb 3AM 1 min

Kommer oor nuwe mynaansoek by Krugerwildtuin

AfriForum het inligting ontvang dat 'n nuwe mynbou-aansoek ingedien is vir 'n ondergrondse steenkoolmyn op 'n terrein van ongeveer 5 500 hektaar op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die organisasie bestudeer tans die aansoek om die proses asook die moontlike omgewings-, sosiale en ekonomiese impak te evalueer. Lambert de…
23 Feb 2AM 1 min

Franse op pad na Grand Slam in Sesnasies

Frankryk het in die Stade Pierre-Mauroy in Lille ʼn 33-8-bonuspuntoorwinning oor Italië behaal en is ʼn stap nader aan ʼn Sesnasies Grand Slam en agtereenvolgende titels. Les Bleus het vyf drieë gedruk teenoor die een van Italië. Frankryk reis na Edinburgh om Saterdag, 7 Maart, teen Skotland kragte te meet…
23 Feb 2AM 1 min

Nampost gee opdatering oor uitbetalings

Nampost het aangekondig dat hulle betalings aan 72 persent van alle kontanttoelaagbegunstigdes vir die Februarie 2026-betalingsiklus voltooi het. Daar is egter mobiele eenhede wat steeds betalings doen. Die woordvoerder van Nampost, Joseph Theofelus het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
23 Feb 1AM 1 min