Hoogste hof sê Israel is verplig om hulp aan Gaza te lewer

Loading player...
Die Internasionale Geregshof sê Israel is verplig om die lewering van humanitêre hulp aan die Gaza-strook deur die Verenigde Nasies en sy entiteite te fasiliteer, om te verseker dat daar aan die basiese behoeftes van die Palestynse burgerlikes voldoen word. Die raadgewende mening, wat deur die VN se Algemene Vergadering aangevra is, sê Israel het nie sy bewerings gestaaf dat die VN-agentskap vir Palestynse vlugtelinge, Unrwa, nie neutraal is nie. Daar is ook nie bewyse dat 'n aansienlike aantal van sy personeel lede van Hamas of ander gewapende groepe is of was nie. Israel het die mening as “polities” verwerp en weier samewerking met Unrwa. Sky News se Alan Parsons lewer kommentaar uit Jerusalem.
22 Oct 2025 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nored werk hard aan opvoeding vir leerders oor elektrisiteit

Nored-woordvoerder Simon Lukas het by die Ashihaya-laerskool in die Oshikoto-streek, waar kinders gereeld op kraginfrastruktuur rondklim, oor die kragverspreider se Takamisa-veldtog gepraat. Hy het die doelwitte en belangrikheid daarvan vir elektrisiteitsveiligheidsbewustheid en openbare opvoeding onderstreep. Lukas gee meer inligting oor die doel van die veldtog.
23 Feb 3AM 1 min

Enoch moet geld gee vir die inkomstediens

Cosatu vra die regering en minister van Finansies, Enoch Godongwana, om in Woensdag se begrotingsrede voorkeur te gee aan fondse vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Die vakverbond sê die inkomstediens is een van die administrasie se suksesverhale wat belastinginvordering van 61-persent tot 67-persent verhoog het. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê die inkomstediens…
23 Feb 3AM 1 min

Kommer oor nuwe mynaansoek by Krugerwildtuin

AfriForum het inligting ontvang dat 'n nuwe mynbou-aansoek ingedien is vir 'n ondergrondse steenkoolmyn op 'n terrein van ongeveer 5 500 hektaar op die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Die organisasie bestudeer tans die aansoek om die proses asook die moontlike omgewings-, sosiale en ekonomiese impak te evalueer. Lambert de…
23 Feb 2AM 1 min

Franse op pad na Grand Slam in Sesnasies

Frankryk het in die Stade Pierre-Mauroy in Lille ʼn 33-8-bonuspuntoorwinning oor Italië behaal en is ʼn stap nader aan ʼn Sesnasies Grand Slam en agtereenvolgende titels. Les Bleus het vyf drieë gedruk teenoor die een van Italië. Frankryk reis na Edinburgh om Saterdag, 7 Maart, teen Skotland kragte te meet…
23 Feb 2AM 1 min

Nampost gee opdatering oor uitbetalings

Nampost het aangekondig dat hulle betalings aan 72 persent van alle kontanttoelaagbegunstigdes vir die Februarie 2026-betalingsiklus voltooi het. Daar is egter mobiele eenhede wat steeds betalings doen. Die woordvoerder van Nampost, Joseph Theofelus het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
23 Feb 1AM 1 min