Kommer oor koste, impak van SA se energieplan

Loading player...
The Green Connection waarsku die regering se fokus op gas- en kernenergie kan die koste van elektrisiteit vir die verbruiker opjaag. Dit volg na die aanbieding van die geïntegreerde hulpbronplan van 2 triljoen Suid-Afrikaanse rand deur die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa. Liz McDaid van die omgewingsgroep sê die plan het nie 'n duidelike verbintenis tot die uitfasering van fossielbrandstowwe nie en bevoordeel eerder duur en klimaatskadelike projekte:
21 Oct 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jeug Indaba bemagtig jongmense vir ekonomiese deelname

Die derde uitgawe van die Old Mutual-stigting se Jeug Indaba het in Ongwediva afgesluit, waar sowat 150 jong Namibiërs praktiese vaardighede ontvang het om hul indiensneembaarheid te verbeter. Die platform, wat leerders, studente, jong professionele persone en bedryfsleiers bymekaarbring, fokus op die voorbereiding van die jeug vir die oorgang van…
23 Feb 9AM 1 min

Nuwe Trump-tariewe 'kan Namibiese handel bevoordeel'

Reaksie word ontvang op die nuus dat Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy wêreldwye invoertariewe van 15 persent sal instel, nadat die Hooggeregshof sy vorige tariewe omvergewerp het. Daar is vandag bekendgemaak dat die nuwe tariewe môre in werking sal tree. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou ekonoom dr…
23 Feb 9AM 1 min

Nie goeie idee om mense na staatshospitale te dwing: ontleder

Reaksie word ontvang op berigte deur die Tender Bulletin dat die Maatskaplike Voorsorgkommissie moontlik die staat se mediese fonds, Psemas, sal oorneem en bestuur. Methealth bestuur die fonds sedert 2003. Die aankondiging kom te midde van ‘n herrie wat losgebars het met staatsamptenare wat vanaf 1 April staatsgesondheidsdienste moet gebruik…
23 Feb 9AM 1 min

Parlementêre komitee neem bioveiligheid onder die loep

Lede van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne hou vandeesweek ‘n hoëvlak werkswinkel oor die versterking van bioveiligheidsbestuur. Dit word aangebied deur die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie by die Windhoek Buiteklub-oord. Die werkswinkel is ontwerp om die parlement se wetgewende en toesighoudende kapasiteit te verbeter in…
23 Feb 8AM 1 min

Hongarye gaan stokkie steek voor Rusland-sanksies

Hongarye gaan die Europese Unie se 20ste ronde sanksies teen Rusland verhoed wat vir vandag beplan word en energie, finansiële dienste en handel dek. Die minister van Buitelandse Sake, Peter Szijjarto, sê Hongarye sal nie toelaat dat voortgegaan word met gunstige besluite vir Oekraïne voor hy die olie-oordrag na Hongarye…
23 Feb 8AM 1 min