Amazon se wolk is herstel

Loading player...
Die chaos wat wêreldwyd veroorsaak is na Amazon se wolkdienste vir 'n aantal ure heeltemal onbeskikbaar is, het Maandagaand gedeeltelik voortgeduur. Meer as 'n duisend maatskappye is geaffekteer, volgens Downdetector, met 6,5 miljoen verslae van gebruikers wat probleme ondervind. Dit sluit in meer as 'n miljoen verslae in die VSA, 400 000 in Brittanje en 200 000 in Australië. Banke en groot selfoonmaatskappye het ook deurgeloop. Sky se Rowls Manthorpe verduidelik wat gebeur het.
21 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jeug Indaba bemagtig jongmense vir ekonomiese deelname

Die derde uitgawe van die Old Mutual-stigting se Jeug Indaba het in Ongwediva afgesluit, waar sowat 150 jong Namibiërs praktiese vaardighede ontvang het om hul indiensneembaarheid te verbeter. Die platform, wat leerders, studente, jong professionele persone en bedryfsleiers bymekaarbring, fokus op die voorbereiding van die jeug vir die oorgang van…
23 Feb 9AM 1 min

Nuwe Trump-tariewe 'kan Namibiese handel bevoordeel'

Reaksie word ontvang op die nuus dat Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy wêreldwye invoertariewe van 15 persent sal instel, nadat die Hooggeregshof sy vorige tariewe omvergewerp het. Daar is vandag bekendgemaak dat die nuwe tariewe môre in werking sal tree. Kosmos 94.1 Nuus het met landbou ekonoom dr…
23 Feb 9AM 1 min

Nie goeie idee om mense na staatshospitale te dwing: ontleder

Reaksie word ontvang op berigte deur die Tender Bulletin dat die Maatskaplike Voorsorgkommissie moontlik die staat se mediese fonds, Psemas, sal oorneem en bestuur. Methealth bestuur die fonds sedert 2003. Die aankondiging kom te midde van ‘n herrie wat losgebars het met staatsamptenare wat vanaf 1 April staatsgesondheidsdienste moet gebruik…
23 Feb 9AM 1 min

Parlementêre komitee neem bioveiligheid onder die loep

Lede van die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne hou vandeesweek ‘n hoëvlak werkswinkel oor die versterking van bioveiligheidsbestuur. Dit word aangebied deur die Nasionale Kommissie vir Navorsing, Wetenskap en Tegnologie by die Windhoek Buiteklub-oord. Die werkswinkel is ontwerp om die parlement se wetgewende en toesighoudende kapasiteit te verbeter in…
23 Feb 8AM 1 min

Hongarye gaan stokkie steek voor Rusland-sanksies

Hongarye gaan die Europese Unie se 20ste ronde sanksies teen Rusland verhoed wat vir vandag beplan word en energie, finansiële dienste en handel dek. Die minister van Buitelandse Sake, Peter Szijjarto, sê Hongarye sal nie toelaat dat voortgegaan word met gunstige besluite vir Oekraïne voor hy die olie-oordrag na Hongarye…
23 Feb 8AM 1 min