Die gesondheidsministerie sê die eerste ronde polio-inentings het 91 persent van die teikengroepe landwyd gedek. Die eerste ronde inentings het tussen 26 en 29 Januarie plaasgevind na die opsporing van poliovirus tipe 2 op 13 November verlede jaar deur roetine-omgewingsmonitering van 'n rioolmonster wat by Ndama by Rundu in die…
IPC-leier Panduleni Itula het president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 'n nuuskonferensie by die party se hoofkwartier daarvan beskuldig dat haar familie nou bande met die land se olie- en gassektor het. Hy het verwys na haar seun, Nande Ndaitwah, die uitvoerende hoof van Tradeport Namibia, wat brandstof invoer en diesel versprei…
Swapo-parlementslid Elifas Dingara het uit die Nasionale Vergadering bedank. Hy sluit 'n dekade in sy amp af om te gaan boer en sal vervang word deur Christine Haindaka, adjunksekretaris van die Swapo Party Jeugliga. Dingara, wat in Junie 2023 opslae gemaak het nadat hy voorgestel het dat elke Namibiese burger…
Die Hooggeregshof in Pretoria het vandag gelas die instel van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering moet onmiddelik opgeskort word. Solidariteit het die aansoek ingedien. Woordvoerder Theuns du Buisson, verwelkom die stap en sê die voorlopige opskorting sal van krag bly tot die Konstitusionele Hof uitspraak lewer oor die wet se…
Die Oekraïense president, Volodymyr Zelensky, beloof hy sal nie sy mense se opofferings tydens vier jaar van oorlog verraai net om vrede te maak met Rusland nie. Hy sê sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, het nie sy doelwitte bereik en die oorlog gewen nie. Zelensky het uit die presidensiële bunker…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.