Hoe stel jy ’n geldige testament op? Petra Labuschagne van PGL Trustees verduidelik

Loading player...
In hierdie week se KLETS raak ons bietjie meer ernstig, maar moenie worry nie, dis steeds met n bietjie lag, lewenslesse en ’n paar nuwe woorde wat selfs Matthys en Colene moes Google.

Ons KLETS met Petra Labuschagne van PGL Trustees oor iets wat almal weet hulle móét doen, maar aanhou uitstel - jou testament.

Petra bring haar regskennis én empatie na die tafel en verduidelik hoekom jou testament nie net vir rykes of oumense is nie, dis vir almal wat iets of iemand liefhet. Sy vat ons deur die regte en verpligtinge wat saam met testamentêre dokumente kom, hoe jy jou wense duidelik neerskryf, en hoekom ’n testamentêre trust so belangrik is – veral as jy minderjarige kinders het of digitale bates besit wat nie sommer net “verdwyn” as jy nie meer daar is nie.

Petra verduidelik die invloed van huwelike en regimes, die waarde van 'n lewende testament, en selfs hoekom dit slim is om jou begrafniswense neer te pen - want dis die een geleentheid waar jy beslis nie self gaan opdaag nie.

Petra deel ook haar ervaring met internasionale boedels en die realiteite van moderne lewe, waar e-posse, kripto en wolkrekeninge nou deel van jou nalatenskap is.

Van die wetlike fynskrif tot die lewensgroot vrae, hierdie episode help jou om oor moeilike dinge te praat sonder om moedeloos te raak met die nodige deernis, insig en ’n tikkie humor.

Want as jy nie jou storie self neerskryf nie, gaan iemand anders dit vir jou doen en hulle spel dalk jou naam verkeerd.

Kontak Petra Labuschagne by:
- https://pgltrustees.co.za/
- petra@pgltrustees.co.za
- 012 342 1240
8 Oct 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min