Maasdorp-moord: Polisie wag op DNS-resultate

Loading player...
Die polisie se ondersoek na die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp op Okahandja in April vanjaar duur voort en die polisie het die DNA van vier persone laat toets. Hulle wag steeds op die resultate, sê die minister van veiligheid en sekuriteit, Lucia Iipumbu. Sy het die jongste inligting in die parlement gedeel. Nóg twee meisies, Roswindis Fabiani, 6, en Beyoncé !Kharuxas,15, is kort ná Maasdorp op die dorp vermoor:
4 Oct 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril verwelkom terugkeer van SA mans uit Rusland

President Cyril Ramaphosa verwelkom die terugkeer van sekere Suid-Afrikaanse mans wat na die Russies-Oekraïense konflik gelok is. Die regering, in samewerking met Russiese owerhede, het ná noodoproepe hul veilige terugkeer verseker. Vier mans het by die huis aangekom en elf word binnekort verwag, terwyl twee steeds in Rusland is, insluitend…
24 Feb 10AM 1 min

Britse regering steun mosie oor Andrew-dokumente

Brittanje se arbeidsminister, Chris Bryant, het bevestig die regering sal die liberaal-demokrate se mosie ondersteun om lêers vry te stel wat verband hou met Andrew Mountbatten-Windsor se aanstelling as 'n handelsgesant in 2001. Hy sê geen dokumente wat die voortgesette polisieondersoek kan benadeel, sal gepubliseer word totdat dit afgehandel is…
24 Feb 10AM 1 min

Tweede ronde polio-inentings begin vandag, tot Vrydag

Die gesondheidsministerie sê die eerste ronde polio-inentings het 91 persent van die teikengroepe landwyd gedek. Die eerste ronde inentings het tussen 26 en 29 Januarie plaasgevind na die opsporing van poliovirus tipe 2 op 13 November verlede jaar deur roetine-omgewingsmonitering van 'n rioolmonster wat by Ndama by Rundu in die…
24 Feb 9AM 1 min

Itula takel NNN oor familie se olie- en gasbelange

IPC-leier Panduleni Itula het president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 'n nuuskonferensie by die party se hoofkwartier daarvan beskuldig dat haar familie nou bande met die land se olie- en gassektor het. Hy het verwys na haar seun, Nande Ndaitwah, die uitvoerende hoof van Tradeport Namibia, wat brandstof invoer en diesel versprei…
24 Feb 9AM 1 min