Krieket Namibië besing FNB Eagles-span se prestasie

Loading player...
Namibië se nasionale krieketspan, die FNB Eagles, rig hul visier op goud terwyl hulle voorberei vir die IKR Mans T20 Wêreldbeker Afrika-streekfinaal. Die beslissende wedstryd word hierdie Saterdag by die Harare-sportklub gehou, waar Namibië teen die gasheerland, Zimbabwe, sal te staan kom. Terwyl beide spanne reeds hul plekke in die wêreldbeker 2026 verseker het, sal hulle nou meeding om streeks-spogregte en die gesogte Afrika-titel. Kosmos 94.1 Nuus het met Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, gesels.
3 Oct 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Cyril verwelkom terugkeer van SA mans uit Rusland

President Cyril Ramaphosa verwelkom die terugkeer van sekere Suid-Afrikaanse mans wat na die Russies-Oekraïense konflik gelok is. Die regering, in samewerking met Russiese owerhede, het ná noodoproepe hul veilige terugkeer verseker. Vier mans het by die huis aangekom en elf word binnekort verwag, terwyl twee steeds in Rusland is, insluitend…
24 Feb 10AM 1 min

Britse regering steun mosie oor Andrew-dokumente

Brittanje se arbeidsminister, Chris Bryant, het bevestig die regering sal die liberaal-demokrate se mosie ondersteun om lêers vry te stel wat verband hou met Andrew Mountbatten-Windsor se aanstelling as 'n handelsgesant in 2001. Hy sê geen dokumente wat die voortgesette polisieondersoek kan benadeel, sal gepubliseer word totdat dit afgehandel is…
24 Feb 10AM 1 min

Tweede ronde polio-inentings begin vandag, tot Vrydag

Die gesondheidsministerie sê die eerste ronde polio-inentings het 91 persent van die teikengroepe landwyd gedek. Die eerste ronde inentings het tussen 26 en 29 Januarie plaasgevind na die opsporing van poliovirus tipe 2 op 13 November verlede jaar deur roetine-omgewingsmonitering van 'n rioolmonster wat by Ndama by Rundu in die…
24 Feb 9AM 1 min

Itula takel NNN oor familie se olie- en gasbelange

IPC-leier Panduleni Itula het president Netumbo Nandi-Ndaitwah op 'n nuuskonferensie by die party se hoofkwartier daarvan beskuldig dat haar familie nou bande met die land se olie- en gassektor het. Hy het verwys na haar seun, Nande Ndaitwah, die uitvoerende hoof van Tradeport Namibia, wat brandstof invoer en diesel versprei…
24 Feb 9AM 1 min