Die Gautengse Onderwysdepartement ontken bewerings dat hy by staatskole voorkeur gee aan die plasing van buitelandse burgers bo Suid-Afrikaanse leerders, en beskryf die bewerings as misleidend en ongegrond. Twee-duisend-763 graad 1- en 8-leerders in die provinsie moet nog plek kry by skole. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê geen…
Kiarash, ‘n inwoner van Iran wat ook deelgeneem het aan die betogings, het met Sky News gepraat oor die honderde lyke wat familielede moes deursoek om oorledenes op te spoor.
Die staking by Namib Mills duur voort sedert Maandag. Die maatskappy het bykomende sekuriteit bekom na ‘n vuisgeveg tussen die vakbond Naretu se leier Peterson Kambinda en ‘n werknemer. Kambinda sê vanoggend aan Kosmos 94.1 Nuus dat produksie tot 'n stildstand gekom het.
Die vakverbond Cosatu verwelkom die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se voorstel dat die Nasionale Verkeerswet gewysig word om drink en bestuur heeltemal te verbied. Die minister het kommer uitgespreek oor die skerp toename in bestuurders wat oor die feestyd weens dronkbestuur gearresteer is. Die syfer het met 144-persent toegeneem…
Die Venezolaanse opposisieleier, María Corina Machado, sê sy het tydens ʼn privaat ontmoeting by die Withuis haar Nobel-vredesprysmedalje aan president Donald Trump oorhandig. Sy het die toekenning verlede jaar ontvang vir haar stryd teen die outoritêre regering van president Nicolás Maduro. Trump het op Truth Social gesê dit was ʼn…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.