Kus tot kruin: 🐞 🦋 Die kleurvolle wêreld van insekte wat jy nooit raaksien nie - 11 September 2025

Loading player...
Fred ons saam met Johan Heyns en Leon Rossouw, ’n natuur bewaarder en gids, oor die fassinerende wêreld van insekte – of soos die meeste mense dit ken, 🐜“goggas.” Vir baie mense beteken ’n ontmoeting met ’n insek die vinnige gryp na die naaste blik gif. Goggas word as ’n plaag gesien wat jou leefruimte binnedring. Maar in daardie haastige reaksie word ’n wonderlike wêreld misgekyk: ’n wêreld van kleur, unieke vorms en ongelooflike interaksies wat ’n direkte rol in ons daaglikse lewe speel – dikwels sonder dat ons dit ooit raaksien.
Johan Heyns noem dit die “wêreld onder die knie” – ’n geheime realiteit waarvan min mense weet. Met Leon se ervaring as natuur bewaarder en gids ontdek ons hoe hierdie klein wesens ’n groot verskil maak in die ekosisteem en selfs in ons eie lewens. 🎧 Moenie hierdie gesprek misloop nie!
📻 Luister op 90.1 FM en 104.1 FM in die Tuin Roete, of stroom aanlyn by 👉 sfmstreek.com.
11 Sep 2025 Afrikaans South Africa Entertainment News · Entertainment News

Other recent episodes

🌿 KUS TOT KRUIN | BOU AAN VEERKRAGTIGE LANDSKAPPE 🌿06 Agustus 2026

Klimaatsverandering, veldbrande en vloede raak ons almal – maar hoe berei ons onsself en ons omgewing beter voor vir die uitdagings wat voorlê? 🎙️ In hierdie week se Kus tot Kruin gesels Fred met Yolande van Rooyen van Gourikwa oor die Resilient Landscapes Forum, wat op 18 en 19 Augustus…
6 Aug 16 min

🐜Protek - Household Bugs Don't Take a Winter Break!🐜03 Agustus 2026

Household Bugs Don't Take a Winter Break!🐜 Think winter means fewer insects? Think again! ❄️🐜 Unpredictable weather has kept ants, cockroaches, fleas and other household pests active for much longer than expected. On this week's Protek Home & Garden, Paul Hartzenberg shared practical solutions to help you tackle common household…
3 Aug 13 min