Kus tot kruin: 🐞 🦋 Die kleurvolle wêreld van insekte wat jy nooit raaksien nie - 11 September 2025

Loading player...
Fred ons saam met Johan Heyns en Leon Rossouw, ’n natuur bewaarder en gids, oor die fassinerende wêreld van insekte – of soos die meeste mense dit ken, 🐜“goggas.” Vir baie mense beteken ’n ontmoeting met ’n insek die vinnige gryp na die naaste blik gif. Goggas word as ’n plaag gesien wat jou leefruimte binnedring. Maar in daardie haastige reaksie word ’n wonderlike wêreld misgekyk: ’n wêreld van kleur, unieke vorms en ongelooflike interaksies wat ’n direkte rol in ons daaglikse lewe speel – dikwels sonder dat ons dit ooit raaksien.
Johan Heyns noem dit die “wêreld onder die knie” – ’n geheime realiteit waarvan min mense weet. Met Leon se ervaring as natuur bewaarder en gids ontdek ons hoe hierdie klein wesens ’n groot verskil maak in die ekosisteem en selfs in ons eie lewens. 🎧 Moenie hierdie gesprek misloop nie!
📻 Luister op 90.1 FM en 104.1 FM in die Tuin Roete, of stroom aanlyn by 👉 sfmstreek.com.
11 Sep 2025 Afrikaans South Africa Entertainment News · Entertainment News

Other recent episodes

🎗️💗 Steps of Courage – Elke tree tel! 💙👣 - 19 Oktober 2026

🎙️ Danny het vanoggend met Mia Barnard, Elana Botes en dr. Robbie Botha gesels oor die komende Steps of Courage-gemeenskapsstap, kankerbewusmaking, ondersteuning aan pasiënte en families, en die belangrikheid van vroeë opsporing van prostaatkanker. 👟 Kom stap saam vir hoop! 📅 Saterdag 31 Oktober 2026 📍 Milkwood Primary School Sport…
19 Oct 16 min