Wêreldwys | Ou geskiedenis agter nuwe Israel-Iran-konflik | Ep. 51

Loading player...
Luister gerus na hierdie week se episode van Wêreldwys vir Jaco Kleynhans se historiese ontleding van die jongste Midde-Oosterse konflik. Jy kan Iran se optrede vandag nie suksesvol ontleed sonder dié beskawingskonteks nie.

Die jongste konflik tussen Israel en Iran is nie net ʼn reaksie op onlangse gebeure nie, maar het diep wortels in geskiedenis, godsdiens en geopolitiek. Hoewel Israel onlangs ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het, waarna Iran gereageer het, lê die dieper betekenis van hierdie botsing in Iran se eeueoue, dog konstant veranderende aard as beskawing.
Chapters
  • 00:00 Aanloop tot die krisis
  • 01:55 Iran se geskiedenis
  • 05:24 Monargie, rewolusie en teokrasie
  • 09:00 Vyandige, ongewilde heersers
  • 12:50 Oneerlike kernprogram
  • 17:28 Waarheen vorentoe?
  • 20:27 Risiko’s en geleenthede
18 Jun 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | 10 vrae en antwoorde oor Iran-oorlog | Ep. 82

Jaco Kleynhans antwoord 10 tergende vrae oor die Iran-oorlog, insluitend oor wie die oorlog kan wen, die mees logiese uitkoms, hoekom Iran die Golf-state aanval, wat was Israel en die VSA se sukses tot nou en wat is die gevolge vir Suid-Afrika.
11 Mar 40 min