Wees bedag op verbypad op B6

--:--
Die Padowerheid het aangekondig dat ‘n tydelike verbypad van môre af op die B6 op pad na die Hosea Kutako Internasionale Lughawe in werking sal wees. Dit is weens konstruksie op die pad, en padgebruikers word gemaan om versigtig te bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat meer inligting gee.
30 May 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Plaaslike media is vry, maar daar is uitdagings

Namibië bly 'n baken van mediavryheid in Afrika, tweede slegs na Suid-Afrika, en beklee die 28ste plek wêreldwyd. Selma Ikela, sekretaris-generaal van die Redakteursforum van Namibië, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hoewel geen joernaliste hier doodgemaak of aangeval is nie, uitdagings steeds die bedryf bedreig. Sy het meer.
22 Sep 11AM 1 min

Polisiehoof sê hy sal onregmatige ministeriële bevele weier

Die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola het aan die Madlanga-kommissie van ondersoek in Pretoria gesê die minister van Polisie het geen gesag om in te meng by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se operasionele of bestuursbesluite nie. Sy getuienis volg nadat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof geplaas is te…
22 Sep 11AM 1 min

Staan saam teen selfmoord, GBV: visepresident

Visepresident Lucia Witbooi het 'n beroep gedoen op dringende optrede teen geslagsgeweld en selfmoord in die land. Sy het vanoggend tydens die 8ste sitting van die Landelike Vroueparlement met Mans as Vennote in Windhoek mans en vroue aangespoor om saam te staan om skadelike kulturele norme te verbreek en respek…
22 Sep 10AM 1 min

Banke sal regering bystaan om US$750 miljoen-lening te betaal

Drie plaaslike banke staan gereed om in te gryp en die regering te help om 'n gaping van 250 miljoen Amerikaanse dollar te dek wat nodig is om die land se Euro-obligasie van 750 miljoen Amerikaanse dollar, wat op 29 Oktober betaalbaar is, te vereffen. Met 500 miljoen Amerikaanse dollar…
22 Sep 10AM 1 min