Otjiwarongo kry meer as 400 gedienste erwer

--:--
Altesaam 436 erwe in die Eie Risiko-informele nedersetting op Otjiwarongo gaan deur die Development Workshop of Namibia van dienste voorsien word in ‘n projek van 7 miljoen Namibiese dollar. Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling Evelyn !Nawases-Taeyele het die verwikkeling tydens die sooispitseremonie van die projek verwelkom. Sy het nie doekies omgedraai oor die belangrikheid van sanitasiegeriewe nie:
25 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Olifante teister Mukwe-inwoners

Olifante wat in Mukwe in Kavango-Oos ronddwaal, ontwrig inwoners se lewens, het die leier van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, in die parlement gesê:
19 Sep 3AM 1 min

Bosa: Publiek moet toegang tot seksoortrederregister hê

Build One South Africa sê die openbaarmaking van die nasionale seksoortrederregister is noodsaaklik om die veiligheid van die kwesbaarstes in die land se beskerm. Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het haar departement opdrag gegee om die nodige wetgewende wysigings aan te bring wat die register vir…
19 Sep 3AM 1 min

Taxi-leier in Gauteng vermoor

Die Gautengse polisie het bevestig die voorsitter van die Gautengse Nasionale Taxi-alliansie, Thami Moyo, is op die Soweto-snelweg doodgeskiet. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê Moyo het bestuur toe hy deur verdagtes in 'n Toyota-minibustaxi en 'n Toyota Yaris onderskep is. Skote is afgevuur, en Moyo is op die toneel dood…
19 Sep 2AM 1 min

Gholf: Vyf jong SA sterre skitter by Sunbet Challenge

Die jong Suid-Afrikaanse sterre, Benjamin van Wyk en Tyran Snyders, is onder vyf voorlopers wat gelykop is na die tweede ronde van die Sunbet Challenge by die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal. Hulle loop op ses onder baansyfer voor saam met hul landgenote, Jaco Prinsloo, Louis Albertse en Pieter Moolman. Hulle is…
19 Sep 2AM 1 min

Eskom oorweeg stappe ná hofuitspraak oor gaskragaanleg

Eskom sê hy neem kennis van die Appèlhof se uitspraak wat die omgewingsgoedkeuring vir die voorgestelde gekombineerdesiklus-gaskragaanleg van 3 000 megawatt in Richardsbaai, KwaZulu-Natal, tersydestel. Die hof het bevind daar was onvoldoende openbare deelname en daar is nie met kwesbare gemeenskappe beraadslaag nie. Hy voer ook aan ander hernubare energiebronne…
19 Sep 1AM 1 min