Moordenaar vrygelaat, pleeg weer misdaad

Loading player...
Action Society het hul woede uitgespreek nadat dit bekend geword het dat veroordeelde moordenaar Xolani du Preez, wat in 2022 die Kaapse grimeringskunstenaar Suritha Alting vermoor het, na bewering onwettig uit aanhouding vrygelaat is en sedertdien weer misdaad gepleeg het. Du Preez, wat ’n vonnis by Pollsmoor-gevangenis tot Oktober moes uitdien, het onlangs ’n rooftog in Table View gepleeg. Juanita du Preez van Action Society sê die regstelsel het die publiek en Alting se familie in die steek gelaat:
16 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Katima is in krisis gedompel, herstelwerk van hoofrioolpomp is stadig

Verouderde infrastruktuur wat nie met die behoeftes van die stygende inwonertal van Katima Mulilo kan tred hou nie, het tot ‘n rioolkrisis op die dorp gelei. Inwoners van Katima Mulilo is aangeraai om tydelik na nedersettings te verskuif om moontlike riooloorstromings in dele van die dorp te vermy ná die…
9 Jun 12AM 1 min

Israel neem 12 ongewapende aktiviste in internasionale water in hegtenis

Israelse soldate het aan boord van die jag, Madleen, van die Freedom Flotilla Coalition gegaan wat humanitêre hulp en menseregte-aktiviste soos die klimaat-aktivis, Greta Thunberg, aan boord het. Die vaartuig het Vrydag uit Sisilië vertrek op pad na Gaza. Israel se ministerie van buitelandse sake sê die jag is beveel…
9 Jun 12AM 1 min

UDM-vroue ontstoke oor Pistorius wat aan Ysterman-driekamp deelneem

Die UDM Vroue-organisasie sê hulle is geskok om te hoor dat die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius op 1 Mei aan die Isuzu Ysterman 70.3-driekamp in Durban deelgeneem het. Die party sê dit is sy eerste openbare sportbyeenkoms sedert hy in Januarie verlede jaar op parool vrygelaat is. Thandi Nontenja van…
8 Jun 11PM 1 min

Alcaraz vat Franse Ope in epiese eindstryd

Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, het ná twee stelle agter herstel en drie kampioenskapspunte afgeweer om die Italianer Jannik Sinner in ʼn epiese Franse Ope-eindstryd te verslaan. Die 22-jarige Spanjaard het die wêreld se nommer een in vyf ure en 29 minute met 4-6, 6-7, 6-4, 7-6, 7-6 verslaan in…
8 Jun 11PM 1 min

Rugby: FNB Kudus opgewonde oor toekoms

Vreugdesvure op Walvisbaai brand steeds hoog ná FNB Kudus Saterdag vir die eerste keer die Namibiese Rugbypremierliga gewen het. Die span het FNB Wanderers in die eindstryd op die Hage Geingob-stadion in Windhoek met 50-32 geklop. Kosmos 94.1 Nuus het met Shaun White, die afrigter van die Kudus, gesels:
8 Jun 6AM 1 min