NaTIS stuur net elektronies hernuwingsbriewe

Loading player...
Die Padowerheid het aangekondig dat elektroniese kennisgewings vir alle lisensieskyf- en bestuurslisensiehernuwings ingestel is. Hernuwingskennisgewings sal dus nie meer deur NamPost gestuur word nie. Motoriste sal in stede daarvan die kennisgewings via digitale platforms ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hileni Fillemon, die Padowerheid se woordvoerder, wat meer inligting gee.
16 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Parlement hervat volgende week bedrywighede

Die Nasionale Vergadering sal na verwagting op 10 Junie hervat en verskeie items is reeds op die agenda. Dit is die begroting, die Wysigingswetsontwerpe op Openbare Verkryging en die Regbank, en die Padwetsontwerp. Al die wetsontwerpe is sonder wysigings in die Nasionale Raad aangeneem. Verder is daar verskeie Staande Komitee-verslae…
4 Jun 5AM 1 min

EFF steeds boos oor belasting wat sonder LP's geïmplementeer word

Die EFF sê hulle sal hul parlementêre verteenwoordiging gebruik om te verhoed dat die Nasionale Tesourie in die toekoms belasting sonder behoorlike demokratiese toesig instel. Dit volg nadat die Wes-Kaapse Hooggeregshof die party se aansoek teen die brandstofheffingverhoging met koste van die hand gewys het. Die verhoging van 16-sent per…
4 Jun 5AM 1 min

Hyphen sit nasionale vaardigheidsdatabasis voort

Hyphen Hydrogen Energy het vroeër vanjaar ‘n vaardigheidsensus van stapel gestuur ter ondersteuning van Namibië se eerste grootskaalse groenwaterstofprojek. Namibiërs kan sodoende hul vaardighede en dokumente op ‘n nasionale databasis vir werksoekers insluit. Die sensus gaan die plaaslike talent identifiseer, die gereedheid van die arbeidsmag bepaal, asook riglyne vir toekomstige…
4 Jun 4AM 1 min

eThekwini berei voor vir die 98ste Comrades

Die eThekwini-munisipaliteit sê hy is druk besig om gereed te maak vir die 98ste Comrades-marathon, wat een van die grootste sportgeleenthede op die Suid-Afrikaanse kalender is. Meer as 80 nasies word Sondag verteenwoordig wanneer die 89 kilometer van Pietermaritzburg na Durban aangedurf word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Gugu Sisilana, sê…
4 Jun 4AM 1 min

Meer geld by Gauteng-begroting sal nie verskil aan dienslewering maak nie

Die DA in Gauteng sê die 886,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat by die provinsiale begroting gevoeg is, sal nie ʼn beduidende verskil maak aan dienslewering en inwoners se lewensgehalte nie. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, het die provinsiale begroting vir die 2025/2026-boekjaar opnuut voorgelê nadat veranderinge…
4 Jun 3AM 1 min