Die Britse premier Keir Starmer sê hy verwelkom die aanvaarding van die eerste fase van die Gaza-vredesplan deur Hamas en Israel. Dit baan die weg vir die vrylating van die gyselaars en Palestynse gevangenes. Hy het die partye wat betrokke was, bedank.
Kaapstad is benoem onder die wêreld se beste stede in Travel plus Leisure se reistoekennings vir Indië en Suid-Asië, in die kategorie Internasionale Bestemmings, Beste Stad. Die tema is die Kuns van Ontdekking, en die toekennings vier plekke wat verkenning en verbintenis aanmoedig. Briony Brookes van Kaapstad Toerisme sê die…
Die hoof van Unam se Veeartsenykundige Akademiese Hospitaal, dr. Rainer Hassel, het in vennootskap met die Namibiese Landbou Unie in 2015 navorsing begin om 'n hondsdolheid-entstof vir koedoes te ontwikkel. Die navorsing is befonds deur boere en instansies. Die Duitse Friedrich Loeffler-instituut ondersteun ook Hassel se navorsing. Tydens die Lewendehawe…
Die Namibiese Landbou-unie sê dat hulle nie sal terugstaan in hul pogings om Starlink in Namibië goedgekeur te kry nie, en voer aan dat dit die sleutel is tot die verbetering van internettoegang in landelike gebiede. NLU-president Thinus Pretorius het vanoggend tydens die unie se jaarlikse kongres in Windhoek gesê…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.