
Bestuurskenner gesels oor Swapo-manifes se bedoelings, befondsing
Loading player...
Die Swapo Manifes-Uitvoeringsplan met sy groot planne is in die nuus. Beleidmaking in Namibië word dikwels gekritiseer vir 'n gebrek aan voorbereiding en beplanning, wat dikwels lei tot vertraagde of nie-geïmplementeerde beleide. Die uitvoeringsplan erken dié tekortkoming en beklemtoon die belangrikheid van kosteberekening. Die plan se 18 prioriteitsprojekte en sewe subprojekte beloop na raming 85,7 miljard Namibiese dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurskenner dr. Marius Kudumo gepraat, wat die plan se bedoelings bevraagteken.