Grootfontein-omgewing juig oor laat reën

Loading player...
Die noorde van Namibië, spesifiek die Grootfontein omgewing, kry lekker en goeie winterreën. Sosiale media loop oor van plasings oor die reën wat uitgesak het. Kosmos 94.1 Nuus het met Andries Van Der Merwe van die Agra in Grootfontein gepraat wat meer vertel.
15 May 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hoofverdagte in Olorato Mongale-moord doodgeskiet

Die hoofverdagte in die moord op die 30-jarige Olorato Mongale is vanoggend in KwaZulu-Natal deur die polisie doodgeskiet. Haar liggaam is Sondag in Lombardy-Wes in Johannesburg gevind. KZN se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê hulle het inligting ontvang dat een van die verdagtes by ʼn woonkompleks in Amanzimtoti skuil. Hy sê…
30 May 12PM 1 min

Trump mislei deur vals wit volksmoord-bewerings: Pastoor Mark Burns

Pastoor Mark Burns, 'n boesem-ondersteuner van Amerikaanse president Donald Trump, het bewerings van 'n wit volksmoord in Suid-Afrika weerlê en dit vals en gemanipuleerd genoem. In 'n onderhoud met Newzroom Afrika het Burns gesê Trump is mislei deur wit Suid-Afrikaanse groepe, insluitend AfriForum, wat onwettige grondbesetting en geweld oordryf het…
30 May 12PM 1 min

Amupanda byt vas met hoesstroop-bewerings

Die leier van die AR-beweging, Job Amupanda, het Donderdag 'n verklaring uitgereik oor 'n inspeksie in 2023 deur die Namibië Medisyne Reguleringsraad, wat glo verskeie probleme gevind het in die vervaardiging van 'n paracetemol hoesstroop vir kinders. Fabupharm, die vervaardiger, het in 'n verklaring die publiek verseker dat die stroop…
30 May 11AM 1 min

Joslin-veroordeelde sal appelleer teen vonnis

Een van die drie skuldiges in die Joslin Smith-saak, Steveno van Rhyn, gaan verlof tot appèl aanteken teen sy lewenslange vonnis. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het Van Rhyn, Kelly Smith en Jacquen Appollis tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir mensehandel, en 'n verdere tien jaar vir ontvoering. Al drie sal in die…
30 May 11AM 1 min

Nama-fees wil ook jeug met volksmoord vertroud maak

Die sesde Nama Kulturele Fees het op Keetmanshoop afgeskop. Stalletjies met handwerk eie aan die Namas, tradisionele kos en –kruie pryk op die feesgronde by die Westdene-stadion, waar kultuurgroepe sorg vir vermaak en Nama-musiek. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Michael Haman, 'n lid van die Nama Tradisionele Owerheid se…
30 May 11AM 1 min