Kleinsake-ondernemings in krisis, sê BOSA

Loading player...
Build One South Africa sê sy jongste opname onder 40 kleinsake-eienaars toon ‘n krisis in die kleinsakesektor. KMMO-respondente het verwys na burokratiese rompslomp, ‘n gebrek aan befondsing, en geen regeringsondersteuning. Al die deelnemers het toegang tot finansiering as “nul” beoordeel. BOSA waarsku dat baie klein ondernemings sonder dringende hervormings op ineenstorting afstuur. Roger Solomons van BOSA wil hê die regering moet die party se voorgestelde praktiese stappe aanvaar om ekonomiese groei aan te wakker en die potensiaal van klein besighede te ontsluit:
15 May 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hernubare energie kan ook skop in ekonomie sit

Die integrasie van hernubare energie in Namibië se klimaatsweerbaarheid strategie kan langtermyn-ekonomiese voordele inhou deur afhanklikheid van duur ingevoerde fossielbrandstowwe te verminder. Beleggings in son- en windkrag kan plaaslike opwekking verhoog en blootstelling aan wisselvallige wêreldmarkte verlaag, volgens InFocus Namibia. Hernubare energie bevorder energie-sekuriteit, verbeter die handelsbalans, en bied langtermyn-besparings…
23 May 3AM 1 min

Meer as 300 verdagtes in Tshwane vasgetrek

Altesaam 328 verdagtes is gister in Sinoville en Kameeldrift in Tshwane tydens Operasie Shanela gearresteer weens verskeie misdade. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê die misdade sluit in geslagsgeweld, moord, poging tot moord, gewapende roof en verkragting. Hy sê 47 ongedokumenteerde buitelanders is by ʼn padblokkade in Kameeldrift aangekeer:
23 May 3AM 1 min

LPM eis vrylating van aktivis

Die Landless People’s Movement veroordeel die inhegtenisname van aktivis Jimmy Areseb ná hy aanspreeklikheid geëis het oor beweerde onwettige litiumontginning in Uis. Hulle beskuldig die polisie daarvan dat hulle korrupsie beskerm en vreedsame protes stilmaak. Die arrestasie word as politieke intimidasie beskou. Die party eis sy vrylating, 'n ondersoek na…
23 May 1AM 1 min

Gauteng kort R350m vir foutiewe verkeersligte

Gauteng se premier, Panyaza Lesufi, die provinsie benodig 350 miljoen rand om die agterstand met foutiewe verkeersligte reg te stel. Hy sê vertragings is veroorsaak deur infrastruktuur-mislukkings en diefstal, wat padveiligheid en verkeersvloei beïnvloed. Lesufi het bevestig dat plaaslike munisipaliteite nou die instandhouding van provinsiale straatligte sal behartig kragtens nuwe…
23 May 1AM 1 min