Groot koue op pad na die Kaap

--:--
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n geel vlak-vier waarskuwing uitgereik vir sterk winde en golwe langs die Wes-Kaapse kus hierdie naweek. Woordvoerder van die Rampbestuursentrum, Sonica Lategan, sê die winde sal vanaf vanaand tot môreaand toeneem en moontlik skade aan dakke, bome en langs die kusgebiede veroorsaak:
9 May 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië praat oor oorgrens waterbronne in Nice

Die landbouministerie se uitvoerende direkteur Ndiyakupi Nghituwamata, is in Nice, Frankryk by die VN se Oseaneberaad. Sy het, onder andere, 'n oorsig gegee van Namibië se vordering in sy raamwerk vir oorgrens watersamewerking en het melding gemaak van die Okavango- en Orange-Senqu-rivierkomme.
12 Jun 6AM 1 min

Palestyne daagliks geskiet by voedselverspreiding

Byna 40 Palestyne is volgens berigte gister deur Israelse magte doodgeskiet naby kosverspreidingsentrums in Gaza. Vyf-en-twintig is dood en tientalle gewond toe hulle ʼn sentrum van die Amerikaans-Israelies-gesteunde Gaza Humanitêre Stigting naby Netzarim in sentraal-Gaza genader het. Veertien ander is na bewering dood terwyl hulle na nog ʼn verspreidingsentrum in…
12 Jun 6AM 1 min

Parlement sal plaaslike musiek se blootstelling op radio bespreek

Die PDM-parlementslid Inna Hengari het verlede jaar 'n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê wat pleit vir 'n verskuiwing in die musieklandskap op Namibiese radiostasies, wat tans baie buitelandse musiek bevat. Sy het gevra dat plaaslike inhoud geprioritiseer moet word, asook die bevordering van Namibiese kunstenaars om die…
12 Jun 6AM 1 min

Rosatom het definitief vir Namibië in visier

Die kwessie van ‘n kernkragsentrale weier om die nuustoneel te verlaat. Nou het die Russiese uraan-reus, Rosatom, bevestig dat hy wel na Namibië kyk as kernkragvennoot. Sputnik Afrika het ‘n onderhoud met Rosatom Sentraal- en Suidelike Afrika se uitvoerende hoof Ryan Collyer gevoer. Collyer sê daar is baie redes hoekom…
12 Jun 6AM 1 min

Ngungula: Dit wat NamPol kry is minder as 'n persent

Reaksie word ontvang op berigte dat die Oshana-polisie meer as 776 000 liter ngungula, of Angolese brandstof tussen 2024 en tot datum vanjaar, gekonfiskeer het. Die waarde hiervan beloop 17 miljoen Namibiese dollar. Owerhede glo sindikate is betrokke en meen die brandstof wat gevind is, is ‘n druppel in die…
12 Jun 6AM 1 min