Die Toekoms van Afrikaans, ‘n Eksistensiële Krisis en ‘n Verjaarsdagviering

Loading player...
Afrikaans word 100 en Colene word… wyser!

In hierdie feestelike, pittige én ernstige KLETS-episode vier ons 100 jaar van Afrikaans as amptelike taal én Colene se verjaarsdag – alles op een slag! Maar moenie dink dis net koek en konfetti nie.

Matthys en Colene sit om die tafel met Yolanda Barnard-Lemmer, joernalis, dosent in joernalistiek en een van die stemme wat nie bang is om eerlik oor Afrikaanse media, taal en identiteit te praat nie. Yolanda deel haar perspektief oor die stand van Afrikaanse joernalistiek, die uitdagings wat dit in ‘n digitale en polities gelaaide wêreld in die gesig staar, en haar eie “eksistensiële Afrikaner-krisis.” Is daar nog plek vir eerlike, vlymskerp Afrikaanse stories in ‘n wêreld van clickbait en partydigheid?

Terwyl ons Afrikaans vier, wonder ons ook: waarheen is die taal op pad? Kan dit groei buite sy tradisionele grense, of is dit besig om stilletjies agteruit te boer? Yolanda bring ‘n kombinasie van kritiese nadenke en diep liefde vir die taal.

Intussen channel Colene haar innerlike Meghan Markle op die vooraand van haar verjaarsdag. Ons kyk ook na die regering se poging om dit te “vat” met VAT wat toe nie heeltemal "gevat" het nie. Maar die effek van die regering se onbeholpenheid raak besigheid Suid-Afrika se sakke, maar gelukkig is die Suid-Afrikaner aangenaame mense – volgens ‘n onlangse studie.

Ons sluit af en praat ons oor die winter wat voorlê, Colene deel ‘n paar warm idees van plekke om te besoek.

Dis ‘n episode vol woorde, wysheid en warmte.
7 May 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min