Orania, Kleinfontein bedreig nie SA nie, dra eintlik by

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê Afrikaner-kultuurgemeenskappe, soos Orania en Kleinfontein, hou geen bedreiging vir Suid-Afrika in nie; inteendeel, hulle dra by tot die land se groei. Kleinfontein, oos van Pretoria, het onlangs toenemende openbare aandag gekry, met die EFF én MK-party wat verontwaardiging uitgespreek het oor sy voortgesette beleid van segregasie. Jaco Mulder van die VF-Plus sê Suid-Afrika is 'n diverse land met 'n oorvloed kulturele gemeenskappe, wat toegelaat moet word om vreedsaam saam te bestaan:
5 May 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN bekommedr oor toenemende misdaad

Die uitklaarseremonie van 1 799 polisierekrute van die eerste inname van 2024-25 vind plaas in die Oshakati Onafhanklikheidstadion, bygewoon deur kabinet-afgevaardigdes. President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar hoofrede benadruk dat Namibië 'n land moet wees waar burgers en toeriste veilig voel. Sy het haar teleurstelling uitgespreek oor toenemende misdaad in…
23 May 9AM 1 min

Cyril se VSA-besoek ‘n hupstoot vir handel, diplomasie: Agbiz

Die hoofekonoom by Agbiz, Wandile Sihlobo, sê president Cyril Ramaphosa se besoek aan die VSA dui op 'n keerpunt in die herstel van bande tussen Suid-Afrika en die VSA. Sihlobo het die groeiende uitvoermomentum beklemtoon in produkte wat wêreldwyd in 2024 uitgevoer is. Hy waarsku egter misdaad bly 'n landwye…
23 May 9AM 1 min

Ryp een van die dae moontlik: weerkenner

Met die eerste winterkoue wat sy tande gewys het, voorspel weerkenner Johan van den Berg 'n moontlikheid van ryp in die nabye toekoms. Dit is maar die begin van die winter, maar boere dink waarskynlik reeds aan die reënprentjie vir die volgende somer. Van den Berg gee 'n oorsigtelike voorspelling…
23 May 8AM 1 min

Mercedes-motors kort meer woema, sê Russell

Motorsport: George Russell glo Mercedes moet beter werkverrigting uit die sy motors haal op die naweek se Grand Prix in Monaco. Die Brit het verlede naweek sewende gekom op die Emilia-Romagna Grand Prix in Imola - die eerste keer dié seisoen dat hy nie onder die voorste vyf was nie…
23 May 8AM 1 min

Pryse styg skerp in vervaardigingsektor, kragpryse stabiel

Die Namibië Statistiek-agentskap het sy verslag oor die produsenteprysindeks vir die eerste kwartaal vrygestel. Belangrike bevindings sluit in noemenswaardige prysstygings in die vervaardigingsektor en relatiewe prysstabiliteit in kragopwekking en verspreiding.Mirjam Shihepo, die agentskap se kommunikasie-beampte.
23 May 8AM 1 min