Whk Stadspolisie beplan mobiele paniekknoppie

Loading player...
Die Windhoekse Stadspolisie beplan om 'n mobiele paniekknoppie-stelsel in werking te stel om noodreaksie regoor die stad te verbeter. Volgens Stadspolisiehoof Leevi Ileka sal verskeie paniekknoppies in huise geïnstalleer kan word, insluitend in slaapkamers en kinderkamers, wat vinniger toegang tot hulp sal bied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Stadspolisie superintendent Katrina Nomboga.
5 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA verwelkom eerste soldate uit DRK

Die regering het 249 lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag by Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria verwelkom na hul ontplooiing na die Demokratiese Republiek die Kongo. Die minister van Verdediging, Angie Motshekga, en weermagamptenare het die soldate ontvang, wat Vrydagaand ná verskeie vertragings weens logistieke en tegniese probleme aangekom het . Motshekga…
14 Jun 3AM 1 min

Rugby: Bulle reg vir Leinster, sê Strauss

Min mense dink die Bulle gaan vandag in Dublin hond haaraf maak in die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd teen Leinster, onder leiding van die voormalige Springbok-afrigter Jacques Nienaber. Die Bulle se afrigter, Jake White, het vroeër gesê die gasheerspan bestaan uit Ierse toetsspelers, die All Black Jordie Barrett op senter, met die…
14 Jun 2AM 1 min

Copps 94.1: Molesvrye aand op Otjiwarongo

Die polisie se teenwoordigheid in die strate van Otjiwarongo werp vrugte af, blyk uit ‘n rustige Vrydagaand op dié dorp. Hier en daar is sjebeen-eienaars voor stok gekry omdat hul lisensies nie in orde was nie. Jessica Thomas was deel van die Copps 94.1-span op Otjiwarongo en doen verslag van…
14 Jun 1AM 1 min

Copps 94.1: Man weier om te blaas in hoofstad

Drank was Vrydagaand die vernaamste sondaar in Windhoek met die polisie wat twee mans vir beweerde dronkbestuur vasgetrek het. Daar was ook drie ligte motorongelukke in die hoofstad. Francois Lottering van die Copps 94.1-span was oudergewoonte op die toneel en doen verslag:
14 Jun 12AM 1 min