Casper Ruud vat die Madrid Ope

--:--
Die Noorweër Casper Ruud het die Madrid Ope gewen - sy eerste ATP Meesters-1 000-titel. Die 26-jarige Ruud het 'n opdraande stryd gehad om die Brit Jack Draper te klop en daarmee sy grootste titel ooit in te palm. 'n Oorwinning vir Draper sou vir hom sy tweede Meesters-1 000 titel besorg het ná die Indian Wells in Maart. Ruud skuif nou na die sewende plek op die rangleer. Hy sê dit was 'n ongelooflike gevoel om een van sy doelwitte te bereik:
5 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Limpopo-polisie slaan slaag met oorgrens-operasie

Die polisie in Limpopo het 12 gesteelde voertuie teruggevind in 'n weeklange teensmokkel-operasie waarin oorgrens-sindikate geteiken is. Een verdagte is in hegtenis geneem tydens twee belangrike optredes in Musina en nog een in Polokwane. 'n Polisiewoordvoerder, Hlulani Mashaba, sê die voertuie, wat in Gauteng gesteel is, is by Beitbrug, Mokopane…
22 May 4AM 1 min

Trump: ‘Sonder Amerika is G20 niks’

President Donald Trump sê die G20-leiersberaad wat in November in Johannesburg plaasvind, sal betekenisloos wees as Amerika nie deelneem nie. Hy het in April gesê daar kan nie verwag word dat hy die beraad bywoon terwyl die Suid-Afrikaanse regering volgens hom grond in wit besit onteien en die nasate van…
22 May 4AM 1 min

Nasionale strategie vir rehabilitasie in wording

Die gesondheidsministerie is besig met die saamstel van ‘n nasionale stategie om mense wat met gestremdhede saamleef, met hul rehabilisasie te help. Dit sluit mense in wat in ongelukke betrokke was en diegene met geestesversteurings. Volgens die uitvoerende direkteur van die ministerie, Penda Ithindi, is terugvoering van belangehebbers noodsaaklik vir…
22 May 3AM 1 min

‘SA het ‘n probleem met landelike veiligheid’

Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê Suid-Afrika het ʼn probleem met landelike veiligheid. Hy sê kleinskaalse boere waarvan baie swart is, word lukraak geraak. Steenhuisen was Woensdag by die Withuis deel van die ontmoeting tussen president Cyril Ramaphosa en die Amerikaanse president Donald Trump. In reaksie op die video…
22 May 3AM 1 min

SA-soldate in DRK more oor toelae

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die onduidelikheid uitgeklaar oor die toelaestruktuur vir troepe wat op buitelandse sendings ontplooi is. Dit volg op berigte dat die weermagsoldate wat as deel van die sending van Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in die DRK ontplooi is, na bewering slegs 34 000 rand per maand ontvang het…
22 May 2AM 1 min