
Motshekga sê SANDF onttrekking uit DRK is noodsaaklik
--:--
Die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, sê die onttrekking van Suid-Afrikaanse troepe uit die DRK dui op 'n nuwe hoofstuk in vredesbewaring in die streek. Sy het aan die media bevestig dat magte van onder meer Tanzanië en Malawi die sendinggebied begin verlaat het. Sy sê die stap is nodig om politieke en diplomatieke oplossings vir die voortdurende konflik in die ooste van die DRK te vind: