Kragstelsel bly stabiel, sê Eskom

--:--
Eskom sê die kragstelsel bly stabiel met volgehoue beplande instandhouding en verbeterde vlakke van onbeplande onderbrekings. Vanaf 1 April tot 1 Mei het onbeplande onderbrekings afgeneem tot 12 644 megawatt, terwyl 2 850 megawatt na verwagting voor piektyd Maandagaand beskikbaar sal wees. Die Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsmaatskappy toon ’n jaar-tot-jaar verbetering van 1,6 persent ten opsigte van onderbrekings. Sy het bevestig dat Eskom sy wintervooruitsigte Maandag sal bekend maak:
4 May 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bousektor sal na verwagting opbloei sien in 2025

Goedgekeurde bouplanne in Windhoek het in April met 28 persent op 'n maandelikse basis gedaal, en jaar-tot-datum was goedkeurings 10 persent laer. In Swakopmund is daar in April net een bouplan meer as in Maart goedgekeur, maar jaar-tot-datum het goedkeurings met 69 persent gestyg. Simonis Storm verwag egter 'n opbloei…
22 May 7AM 1 min

SA skuldkoste skiet die hoogte in

Suid-Afrika se skuldkoste styg skerp, met skuldbetalings wat nou 22 sent van elke rand wat ingevorder word, insluk. Ekonoom, Phelisa Nkomo, waarsku dat dit kommer wek oor 'n potensiële skuldstrik. Terwyl baie lande skuld produktief gebruik om infrastruktuur soos paaie en telekommunikasie te bou, sê sy dat Suid-Afrika uitdagings in…
22 May 7AM 1 min

Oyo span kuns op Keetmans in

‘n Uitvoerende kunstefees vir die //Kharas-jeug, geborg deur Horizon Trust, vind vandeesweek plaas. Dit word gereël deur die Ombetja Yehinga-organisasie, Oyo, wat kuns inspan om ‘n kollig op maatskaplike kwessies te plaas. Dié groep het met die jeug op verskeie dorpe in die Suide gewerk en hulle gehelp om op…
22 May 7AM 1 min

Lüderitz gewild by waterstofberaad in Nederland

‘n Afvaardiging van Namibië wat tans die World Hydrogen 2025 Summit & Exhibition in Rottemdam in Nederland bywoon, sê lewendige belangstellings heers om met die land saam te werk. Die beraad word as die invloedrykste ter wêreld beskou en is bekend vir groot transaksies en vennootskappe wat daartydens beklink word…
22 May 6AM 1 min

Entstof teen servikale kanker môre in Namibië

‘n Besending van die entstof teen die menslike papillomavirus, of HPV, kom môre op die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan. Dié entstof, ‘n verkryging van die regering, help om servikale kanker te voorkom. Die gesondheidsministerie sal besonderhede oor die veldtog bekendmaak, wat in samewerking met Unicef geskied. Kosmos 94.1 Nuus…
22 May 6AM 1 min