Persvryheid vandag herdenk

--:--
Dit is vandag Wêreld Persvryheidsdag. In Namibië het die media toenemende onder druk gekom en die land se plasing op die Persvryheidsindeks het in die afgelope paar jaar gedaal. ‘n Vrye en regverdige pers is kritiek vir enige demokrasie op aanspreeklikheid en regte te bevorder. Charmaine Ngatjiheue van die media-vakbond Nampu sê die wetgewing rakende toegang tot inligting moet daadwerklik geïmplementeer word.
3 May 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sonkragsentrum vir Windhoek goeie idee, maar ...

Die Windhoekse munisipaliteit gaan ‘n skenking van sowat 4,35 miljoen Namibiese dollar van Engagement Global se Nakopa-program ontvang om ‘n sonkragsentrum in die hoofstad met die Stad van Berlyn te vestig. Die plaaslike sentrum sal op die suksesvolle een in Berlyn geskoei wees. Dit sal die gebruik van sonkrag bevorder…
10 Jun 10AM 1 min

PDM soek antwoorde in NV oor gratis studies

Die Nasionale Vergadering het sy werksaamhede vandag hervat, en die kwessie van gratis hoër-onderwys het ter sprake gekom. Die PDM-parlementslid Rosa Mbinge-Ttjeundo het vrae gerig aan onderwysminister Sanet Steenkamp, na sy gesê het dit sal gekoppel word aan die behoeftes van sleutel-ekonomiese sektore. Die minister se antwoorde is geskeduleer vir…
10 Jun 10AM 1 min

Cran opdateer Universele Diensfonds-vordering

Tydens die regering se inligtingsessie het Emilia Nghikembua, die uitvoerende hoof van die Kommunikasie-reguleringsowerheid, Cran, 'n opdatering gegee oor die Universele Diensfonds wat op 19 Maart van stapel gestuur is. Die inisiatief is daarop gemik om internetdienste aan gemarginaliseerde gemeenskappe te verskaf. Nghikembua het meer.
10 Jun 9AM 1 min

Madleen-deportasies fokus aandag op Gaza-krisis: GOOD

Die GOOD-party sê die deportasie van die klimaatsaktivis Greta Thunberg en ander aan boord van die Madleen het dalk onbedoeld aandag getrek na die humanitêre krisis in Gaza. Die boot met 12 mense aan boord wat volgens berigte humanitêre hulp na Gaza wou neem, is na die Israelse hawestad Asdod…
10 Jun 9AM 1 min

Lughawensmaatskappy reg vir Avia Dev-beraad

Die Avia Dev-beraad vind hierdie week plaas. Dit sal die derde agtereenvolgende keer wees dat die Lughawensmaatskappy deelneem. Daar word 36 lugdienste, 408 verteenwoordigers van 46 lande en meer as 1 200 vergaderings verwag. Die beraad bied 'n platform vir Namibië om sy samewerking te versterk. Kosmos 94.1 Nuus het…
10 Jun 8AM 1 min