
Trump onbeïndruk met Putin se skietstilstand
--:--
Russiese president Vladimir Putin het eensydig 'n driedaagse wapenstilstand in Mei in die oorlog met Oekraïne verklaar ter viering van die 80ste herdenking van die Sowjetunie se oorwinning oor Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog. Die Kremlin sê die 72-uur wapenstilstand sal van 8 Mei tot 10 Mei duur. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het die wapenstilstand van die hand gewys. “Nou is daar ’n nuwe poging tot manipulasie: om die een of ander rede moet almal tot 8 Mei wag,” het hy in sy daaglikse boodskap gesê. Die Withuis-perssekretaris Karoline Leavitt het Amerikaanse president Donald Trump se siening by 'n pers-inligtingsessie verduidelik.