Israel is hier om te bly - Bibi

--:--
Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het tydens die eerste Jewish News Syndicate se Internasionale Beleidsberaad in Jerusalem weer beklemtoon Israel sal slegs 'n kernooreenkoms met Iran aanvaar wat Teheran se uraanverrykingsvermoëns heeltemal uitskakel. Hy het ook herbevestig dat Israel daar is om bly.
28 Apr 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

BOSA sê GNU manipuleer jeug

Build One South Africa sê die regering moet ophou om jongmense sielkundig te manipuleer en dringend optree om jeugwerkloosheid aan te spreek. BOSA se adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, het tydens die Jeugdag-debat in die Parlement gevra dat alle townships as Spesiale Ekonomiese Sones verklaar word om beleggings te lok en werk…
11 Jun 6AM 1 min

Trump se aanslag in Oekraïne is naïef, ongesofistikeerd

President Donald Trump se plan in die Oekraïne is volgens die oud-CIA-direkteur John Brennan naïef en ongesofistikeerd. In ‘n gesprek met SkyNews meen Brennan Trump het geen werklike plan om vrede te bewerkstellig nie.
11 Jun 6AM 1 min

Yona, ons eie jeugorkeste hou binnekort fees by NTN

Die Jeugorkeste van Namibië, Yona, berei hulle voor vir die Nasionale Jeugorkes-fees wat vanaf 13 tot 21 Junie by die Nasionale Teater van Namibië sal plaasvind. Die geleentheid word afgesluit met die wêreld-première van “Otjihambarere – A Namibian Fairytale” deur Eslon Hindundu by twee gala-konserte op 20 en 21 Julie…
11 Jun 6AM 1 min

Bitcoin bly gewild, en uiters hoog

Bitcoin verhandel tans net onder 110 000 Amerikaanse dollar het in Dinsdag se handel met meer as 5 persent gestyg. Analiste meen dit is aangedryf deur verwagtinge vir ‘n handelsooreenkoms tussen China en die VSA. Die kripto-eenheid is steeds laer as die Mei-rekord van 112 000 dollar maar, vraag daarvoor…
11 Jun 6AM 1 min

Welwitschias sien uit na die volgende drie naweke

Die Welwitschias het drie belangrike naweke wat voorlê. Hulle takel Uganda Saterdag op Walvisbaai, die Airlink Pumas volgende naweek in die hoofstad en dan Italië daarna, alles ter voorbereiding vir die kwalifiserende reeks vir die 2027 Wêreldbeker. Alcino Izaaks, wat vleuel of heelagter kan speel, sien uit na die kragmetings.
11 Jun 6AM 1 min