VAT en Vrae oor Verstandige Besluite

Loading player...
In hierdie week se KLETS wonder ons: Gaan die VAT vat, of gaan hy nie vat nie? Met net ’n paar dae oor voor die beplande 0.5% BTW-verhoging op 1 Mei, is daar steeds geen duidelikheid nie. Die ANC se plan het groot teenstand in die parlement gekry, en daar is berigte dat hulle dalk die verhoging gaan laat vaar. Intussen het baie besighede reeds hul kliënte ingelig oor die verhoging, en die onsekerheid laat almal kopkrap.

Ons kyk ook na die jongste IRR-opname, wat wys dat die DA nou voor die ANC is in kiesersondersteuning – ’n eerste in die geskiedenis. Die MK-party en die EFF toon ook groei, wat dui op ’n politieke landskap in beweging. Dit lyk of kiesers al meer fokus op brood-en-botter-kwessies eerder as op rasgebaseerde politiek.

Dan is daar die aanstelling van Mcebisi Jonas as Suid-Afrika se spesiale gesant na die VSA. Jonas, tans voorsitter van MTN, is aangewys om die bande tussen Pretoria en Washington te herstel nadat die vorige ambassadeur, Ebrahim Rasool, deur die Trump-administrasie uitgesit is. Maar Jonas se eie geskiedenis – insluitend sy 2020-toespraak waarin hy Trump as ’n “rassistiese, homofobiese en narsistiese regse” beskryf het – maak sy aanstelling kontroversieel. Voeg daarby MTN se betrokkenheid by ’n Amerikaanse terrorisme-regsgeding, en jy het ’n diplomatieke hoofpyn van formaat.

Dis ’n week van belasting-onsekerheid, politieke verskuiwings en diplomatieke drama. Ons ontleed dit alles met die gebruiklike KLETS-humor en insig.

Luister nou – voor die BTW jou begroting beetkry en die politieke verskuiwings en moontlike diplomatieke drama jou soos griep plattrek.
16 Apr 2025 Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min

Wie's in Die Village en Wie's Net Kwaad?

Dit vat 'n village, sê hulle. Maar niemand sê ooit hoeveel van daai village eintlik idiote is nie. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wies-in-die-village-en-wies-net-kwaad/ En intussen loop African Time al hoe vinniger uit: dis nie meer die grap oor laat kom by 'n braai nie, dis nou lewens wat betaal…
16 Sep 52 min

Wie Kyk na Jou Geld Terwyl Jy Rugby Kyk?

Colene het Bokkoors. Nie 'n verkoue nie, net groen en goud in die are. Maar terwyl ons almal die rugby volg, volg iemand anders jou bankbalans. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-258-wie-kyk-na-jou-geld-terwyl-jy-rugby-kyk/ Is jou geld werklik veilig in jou bank? Of in Cyril se bank? Ons kyk na die toename…
9 Sep 59 min