Beurtwater tref Arandis

--:--
Beurtwater word vandag op Arandis ingestel aangesien ‘n swaelopwelling in die see NamWater se watervoorsiening van die Orano-ontsoutingsaanleg onder druk plaas. Reservoirvlakke op Arandis het tot onder 30 persent geval, terwyl dié op Swakopmund minder as die helfde is. Beurtwater in Arandis sal tot Vrydag duur. Kosmos 94.1 Nuus het die woordvoerder van NamWater, Lot Ndamanomhata, vir meer besonderhede gevra:
14 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Windhoek Gim se radiostasie, omroepers reg vir uitsaai

Windhoek Gimnasium bereik môre 'n mylpaal wanneer die skoolradiostasie, Red Aloe Radio, sy eerste uitsending gaan aanbied. Tien leerders wat as omroepers gaan diens doen is deur die Vereniging van Uitsaai Veterane opgelei, en het sertifikate ontvang na voltooiing van die kursus. Dit is die eerste groep aspirant-omroepers wat deur…
15 May 12PM 1 min

Kabinet kritiseer vlugtelingstatus vir Afrikaners

Die kabinet kritiseer Amerika se besluit om vlugtelingstatus aan sommige Afrikaners toe te ken en noem bewerings van vervolging ongegrond en misleidend. Die kabinet is van mening hierdie besluit ondermyn Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie en is 'n wanvoorstelling van die land se menseregterekord. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni,…
15 May 12PM 1 min

Starlink-kwessie draai in Nasionale Raad

Gedurende die Nasionale Raad se sitting was begrotingsstem 29 op die agenda. Dit val onder inligting en tegnologie, en Starlink het ter sprake gekom. Tydens die debat oor die stem het die LPM se Willem Labuschagne die kwessie bespreek. Hy vra wetgewers om hom by te staan sodat Starlink in…
15 May 11AM 1 min