N$24m-belegging in Namibiese druiwe

--:--
Die Namibia Grape Company het ‘n belegging van 24 miljoen Namibiese dollar aangekondig om sy wingerde en infrastruktuur op te knap. Uitvoere van die projek, onder die Namibiese Jeugdiens het in die 2024/25 seisoen met 43 persent gegroei en 1 200 mense is aangestel. Belinda Hamburee, skakelbeampte by die diens, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
14 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Veiligheid in aflandige olie-sektor onder die loep

Die eerste Erongo Aflandige-veiligheidskonferensie is in Swakopmund gehou. Volgens Africa.com het afgevaardigdes ’n resolusie aanvaar om ’n onafhanklike aflandige veiligheidsreguleerder te stig wat gebaseer is op Brasilië se beproefde drie-party model, in lyn met wêreldwye veiligheidstandaarde. Kosmos 94.1 Nuus het met die strateeg van die byeenkoms, Knowledge Ipinge gesels.
15 May 8AM 1 min

DA soek beter beleide om dagga-bedryf aan te help

Die DA doen 'n beroep op die regering om regulatoriese hindernisse te verwyder wat die groei van die dagga-nywerheid vertraag. Die party sê die Wes-Kaap ondersteun reeds die sektor deur opleiding, navorsing en beleggingsvennootskappe, maar vordering word teruggehou deur onduidelike nasionale beleide. Noko Masipa van die DA sê onlangse verwarring,…
15 May 8AM 1 min

Regering moet ingryp oor kragpryse

Daar is steeds reaksie op NamPower wat 'n 3,8 persent tariefverhoging deur die Elektrisiteitsbeheerraad toegestaan is. Die Popular Democratic Movement se president, McHenry Venaani, het die regering aangespreek en sê hulle moet ingryp om seker te maak verbruikers kry nie ekonomies meer swaar as wat hulle reeds doen nie. Kosmos…
15 May 6AM 1 min

MK eis (weer) leefstyloudits

Die MK-party sê hy neem kennis van die onlangse inhegtenisneming van die Baaise prokureur en waarnemende regter, Siphokazi Cubungu, op ernstige aanklagte van bedrog en korrupsie. Die party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê die voorval versterk hulle oproep dat leefstyloudits uitgevoer en alle lede van die regbank se bates verklaar…
15 May 6AM 1 min

UNDP loods Biofin - bewaring en inkomste

Die Verenigde Nasies se ontwikkelingsprogram het 'n inisiatief genaamd Biofin ontwikkel om biodiversiteitsprojekte te finansier en die natuurlewe te beskerm. Dit is veral belangrik vir Namibië, wat met byna die helfte van die grondgebied onder bewaring illustreer hoe biodiversiteit inklusiewe ontwikkeling deur eko-toerisme, groenwerkgeleenthede en gemeenskapsgeleide hulpbronbestuur kan lok. Biofin…
15 May 6AM 1 min