SA stuur oudfinansminister na Amerika

--:--
President Cyril Ramaphosa het die voormalige adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas, as sy spesiale gesant na die VSA aangestel. Jonas sal Suid-Afrika se diplomatieke en ekonomiese belange verteenwoordig en met Amerikaanse regeringsamptenare en sakeleiers in gesprek tree om bilaterale bande te versterk. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Jonas het voorheen gedien as een van die president se beleggingsgesante en sal voortgaan in sy rol as die groepsvoorsitter van MTN terwyl hy sy nuwe pos beklee:
14 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Die winter is hier

Die Namibiese Weerdiens verwag kouer toestande in die komende dae, ook in die noordelike streke. Odillo Kgobetsi van die diens het met Kosmos 9.1 Nuus gepraat.
13 May 1AM 1 min

Rybewyskrisis nie verby nie - Outa

Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die rybewyskaart-krisis is nog lank nie verby nie, al is die ou drukker herstel. Die organisasie waarsku dat die 27-jaar-oue masjien gereeld breek, nie oor moderne sekerheids-kenmerke beskik nie en dringend vervang moet word. Stefanie Fick van Outa sê daar is steeds ’n tans 'n…
13 May 1AM 1 min

Suid-Afrikaners wat VSA toe gaan nie vlugtelinge nie

President Cyril Ramaphosa het bewerings van die hand gewys dat die 49 wit Suid-Afrikaners wat na die VSA verhuis het, kwalifiseer as vlugtelinge. Hy sê hierdie mense word nie vervolg nie en voldoen dus nie aan die kriteria vir vlugtelingstatus nie. Hy het sekere burgerlike groepe gekritiseer en daarvan beskuldig…
13 May 1AM 1 min

Daar is nie 'n voldoende grondslag in onderwys nie - kenner

Die 2023 sensus se arbeidsmagopname het onthul dat sekondêre onderwys die algemeenste en hoogste opvoedingsvlak is onder Namibiërs in die werksbevolking tussen 15 en 59 jaar. Slegs 546 805 van die 1,8 miljoen mense in hierdie ouderdomsgroep is werklik in diens, of sowat 30 persent van die totale bevolking van…
13 May 12AM 1 min