AU Jeugspele strook met regering se ondersteuning van sport: Balotti

--:--
Namibië sal die 11de uitgawe van die Afrika-unie Sportraad se Streek 5 Jeugspele van 4 tot 13 Julie in Windhoek en Swakopmund aanbied. Tydens die bekendstelling van die spele Vrydag het die adjunkminister van sport, Dino Ballotti, die belangrikheid van sport vir president Netumbo Nandi-Ndaitwah se administrasie beklemtoon.
12 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Windhoek Gim se eerste skoolradio-uitsending 'n groot sukses

Windhoek Gimnasium se skoolradiostasie, Red Aloe Radio, het vandag sy eerste uitsending aangebied. Die stasie is 'n produk van samewerking tussen die skool en die Vereniging van Uitsaai Veterane, wat 10 leerders as omroepers opgelei het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Kolie van Coller, die sameroeper en een van…
16 May 11AM 1 min

Jhonattan Vegas loop voor by PGA-kampioenskap

Gholf: Jhonattan Vegas van Venezuela het sewe onder 64 aangeteken in die eerste ronde van die Amerikaanse PGA-kampioenskap in Noord-Carolina - twee houe voor die Amerikaner Ryan Gerard en die Australiër Cam Davis. Die Meesterskampioen, Rory McIlroy van Noord-Ierland, het foute begaan en is tien houe agter die voorloper. Die…
16 May 11AM 1 min

Skenk aandag aan seuns, dis goed vir die gemeenskap

Dit is vandag die Internasionale Dag van die Seunskind. Meisies ontvang normaalweg baie meer aandag maar, wanneer seuns se uitdagings aangespreek word, verbeter gemeenskappe en veiligheid, en word bande versterk. Kosmos 94.1 Nuus het met maatskaplike veteraan Rosa Namises gepraat.
16 May 11AM 1 min

Ondersoek visserysektor van bo tot onder, vra vakbond-sekretaris

Landbouminister Inge Zaamwani het in die parlement aangekondig dat ’n puntestelsel ingestel is om die prestasie van die visserysektor te meet. Die doel is om seker te maak dat viskwotas en die voordele daarvan gemeenskappe bereik. Sy het beklemtoon dat kwesbare mense dikwels uitgebuit word en het ’n deeglike hersiening…
16 May 10AM 1 min

Erge veediefstal 'net een van dringende oorgrens-kwessies'

Reaksie word ontvang op die skokkende veediefstal van 87 bees ter waarde van 783 000 Namibiese dollar in die Kavango Oos-streek. Vyf Angolese burgers het die diere op 10 Mei oor die grens gejaag. Die tipe misdaad is nie nuut nie met Zambezi-boere wat miljoene verloor het in die afgelope…
16 May 10AM 1 min