Kenner sê bees slagpryse sal N$70 en meer, per kilo bereik

--:--
Namibië, bekend vir sy sterk veesektor en premium beesvleis, word beskou as die land met die tweede hoogste gehalte beeste ter wêreld, net na Argentinië. Dit is bevestig deur professor Helmke von Bach, 'n landbou-ekonoom by Unam, wat van mening is dat beesvleispryse by abattoirs tot meer as 70 Namibiese dollar per kilogram kan, en sal, styg. Kosmos 94.1 Nuus het met Von Bach gesels, wat verduidelik.
11 Apr 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA gretig vir 'konstruktiewe dialoog' met VSA

Die regering sê hy is steeds verbind tot konstruktiewe dialoog met die Verenigde State van Amerika, geanker in wedersydse respek vir soewereiniteit, die oppergesag van die reg, en 'n gedeelde verbintenis tot die versterking van wedersyds voordelige bilaterale vennootskappe. Die woordvoerder van die ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Chrispin…
10 May 6AM 1 min

Duisende in SA teen werkloosheid verseker

Cosatu verwelkom die Werkloosheidsversekeringsfonds se besluit om verligting ter waarde van 387 miljoen rand aan meer as 6 000 poskantoorwerkers te verskaf. Die befondsing sal 75 persent van hul salarisse oor die volgende ses maande dek, terwyl die Suid-Afrikaanse Poskantoor met sy omkeerplan besig is. Matthew Parks van Cosatu sê…
10 May 5AM 1 min

NWR-kaarthouers kamp nou goedkoper

Namibia Wildlife Resorts het aangekondig dat NamLeisure-kaarthouers nou in aanmerking kom vir afslag op kampeerplekke by al hul oorde en kampplekke. Kaarthouers kan uitsien na 40 persent afslag vir Namibiërs, 30 persent vir SADC-inwoners en 10 persent vir internasionale besoekers. Kosmos 94.1 nuus het met NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gesels.
10 May 4AM 1 min

Afrikaner-vlugtelinge na VSA 'polities gemotiveerd'

Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking sê die hervestiging van Suid-Afrikaners in Amerika onder die dekmantel van vlugtelingskap is geheel en al polities gemotiveerd. Amerika het die aansoeke van sogenaamde vlugtelinge uit Suid-Afrika begin verwerk en sal dié Suid-Afrikaners daar begin hervestig. Die ministerie se woordvoerder, Chrispin Phiri, sê…
10 May 3AM 1 min

Tradisionele leiers soek referendum oor grond

Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika sê 'n referendum is die beste manier om die grondkwessie op te los. Cotralesa se sekretaris-generaal, Zolani Mkiva, sê hoewel die ANC optrede oor grondhervorming belowe het, glo tradisionele leiers tans die publiek moet besluit. Hy het op 'n gesamentlike inligtingsessie met die…
10 May 2AM 1 min