Voedsel, medici na Oshana ontplooi

--:--
Voedselhulp en mediese personeel is na die Oshana-streek ontplooi, waar inwoners weens oorstromings van noodsaaklike dienste afgesny word. Die NDF se Alouette III-helikopter sal voedselhulp vervoer na geraakte gemeenskappe in Oshana, en ook Ohangwena, Omusati en die westelike deel van Oshikoto. Oshana-goewerneur Elia Irimari beplan om met die streeksleierskap die geraakte gebiede te besoek. Irimari het met die nasionale uitsaaier gepraat en ook gewaarsku teen die verspreiding van disinformasie oor hul pogings.
4 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Namibië moet sy hulpbronne beter benut

Die voormalige Swapo-parlementslid, Patience Masua, sê Namibië moet sy natuurlike hulpbronne gebruik en ‘n vername speler in die internasionale arena raak om werk vir jongmense te skep. Masua was een van die sprekers by die “The Land of the Brave”-paneelbespreking van die Open Society Foundation en Action Coalition-Namibia.
14 Apr 11PM 1 min

SA sal met VSA vergader oor waninligting

Die direkteur-generaal van Internasionale Betrekkinge en Samewerking en Suid-Afrika se G20-sjerpa, Zane Dangor, sê Suid-Afrika sal met Amerika vergader om waninligting oor die land reg te stel. Dit volg nadat president Donald Trump aangedui het hy gaan in November die G20-beraad in Suid-Afrika boikot en weer die land beskuldig het…
14 Apr 11PM 1 min

Rusland steek voelers uit oor uraan

Die regering het met Rusland gepraat oor moontlike samewerking in plaaslike verwerking van Namibië se uraan. Dit is in lyn met sy pogings om plaaslike verwerking van minerale hulpbronne te verseker en meer inkomste daaruit te kry. Namibië is verantwoordelik vir ongeveer 10 persent van die wêreldwye uraanproduksie, terwyl Rusland…
14 Apr 12PM 1 min

Chagas-siekte: Voorkoming beklemtoon

Vandag is Wêreld-Chagas-siektedag, met die fokus op die tema: 'Voorkom, Beheer, Versorg: Almal se Rol in Chagas-siekte. Chagas-siekte, wat dikwels die 'stil siekte' genoem word, raak ongeveer sewe miljoen mense wêreldwyd, met meer as tien duisend sterftes jaarliks. Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, het die belangrikheid van vroeë…
14 Apr 12PM 1 min

Vloede ontwrig derduisende leerders

Meer as 30 000 leerders se onderrig is ontwrig deur die sluiting van 87 skole in die Noorde weens vloede. Klaskamers is in Ohangwena, Omusati en Oshana is deur die water vernietig. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie van Jessy Abraham, woordvoerder van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, verkry, wat sê…
14 Apr 11AM 1 min